Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 56

54 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï BEDRYFSOORSIG | vervolg Marktoegang 2016 Strategiese fokusareas vir die toekoms: Gedurende die jaar is daar veral gefokus op die uitrol van Graintech, wat produsente in staat stel om graan met ’n hoër voginhoud te lewer, sonder dat die klant die koste van droging hoef aan te gaan; 2017 Fokus is geplaas op personeelopleiding ten opsigte van klantediens, graanbestuur en risikobestuur; Die eerste sonpaneelenergiestelsel is suksesvol by die Hennenman silo geïnstalleer en die pro­ jek sal, sodra die lewensvatbaarheid daarvan bewys is, uitgerol word na ander besigheids­ punte. 30,9% 68,8% BYDRAE TOT TOTALE WINS UIT BEDRYFSAKTIWITEITE 2017 2016 Inkomste (R’m) 8 171 7 468 Totale koste (R’m) 8 086 7 294 85 174 Bedryfswins voor belasting (R’m) Senwes Grainlink Doelstelling Senwes Grainlink het ten doel om waarde vir beide die Senwes groep en sy klante te ontsluit op ‘n volhoubare wyse met ‘n verhoogde inkomstebasis. Klantefokus; Interne geïntegreerde oplossings; Diversifikasie; en Plaaslike konsolidasie. 2017 2016 74,6 66,2 Silobesetting (%) 33,0 42,3 Opbrengs op kapitaal aangewend (%) 50,8 24,6 Markaandeel (%) Uitdagings gedurende die afgelope finansiële jaar Droogte vir ‘n tweede opeenvolgende jaar; ‘n Kleiner mark met meer mededingers was Senwes se voorland; Die daarstel van volhoubare prysstrategieë in die mark weens die abnormale volatiliteit in die sagtekommoditeits­ pryssiklus in Suid-Afrika; Kwaliteitbestuur van graan (binnelands sowel as invoere); Groot uitdagings om kontraktuele verpligtinge na te kom met heelwat teenpartyrisiko. Vooruitsigte Dit word bereik deur: Prestasie-opsomming Senwes Grainlink se finansiële resultate is beïnvloed deur bui­ tengewone lae volumes weens die droogte van die vorige seisoen. Ten spyte van die swak oesjaar, het die afgelope drie jaar se aggresiewe kapitaalprogram, tesame met die lojaliteit­ skema, markaandeel beskerm en selfs uitgebrei. Die resultate spreek van uitstekende graan- en kostebestuur en ook die suk­ sesvolle uitbestuur van die nie-leweringsrisiko’s. Die vooruitsigte vir Senwes Grainlink vir die komende jaar sluit ‘n groot oes in, maar terselfdertyd ‘n groot ver­ wagting dat graan met 'n hoër voginhoud ontvang gaan word. Die groter en natter oes hou ook uitdagings in vir Senwes Grainlink en verhoogde fokus sal geplaas word op vooraadbestuur, wat insluit vog- en kwaliteitsbestuur, kapasiteitsbestuur asook verhoudingsbestuur. Verdere uitrol van die versnelde inname- en verhoogde vog­in­houd­projek na ander silo’s, sal in die komende jaar voortgaan en waarskynlik ‘n hoogtepunt bereik.