52
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
BEDRYFSOORSIG |
vervolg
Insetverskaffing | vervolg
JD Implemente
Die resultate van die maatskappy wat die Suid- en Oos-Kaap
bedien, is grootliks beïnvloed deur die koste van nuwe kapi
taalprojekte. Hierdie projekte sal na verwagting winsgewend
wees oor die lang termyn.
Prestasie-opsomming 2017 2016
kW verkoop 9 413 10 258
11,6 10,7
3,5 31,1
Uitgawes tot inkomste (%)
Opbrengs op kapitaal aangewend (%)
Hinterland
Prestasie-opsomming 2017 2016
Doelstelling Inkomste (R’m) 4 493 4 345
‘n Landbouvennoot wat innoverende oplossings bied aan die
boer en die algemene publiek. Ons doelwit is eenvoudig - om
die behoeftes van elke klant te verstaan en relevant te wees vir
sy doeleindes. Ons produsente en elke verbruiker met ’n tuin,
’n huis en ’n passie vir die buitelewe - welkom in ons wêreld! Bruto wins (%) 9,3 8,4
Opbrengs op kapitaal aangewend (%) 7,5 5,9
Strategiese fokusareas vir die toekoms:
Ontwikkeling en implementering van Hinter
land se strategiese pilare om van hom ‘n rele
vante rolspeler te maak;
Verhoogde fokus op klanteverhoudinge en
dienslewering;
Geïntegreerde besigheidsmodelbenadering om
sodoende ’n groter klantebasis te bewerkstellig;
Vorming van vennootskappe en sakeverkry
gings van strategiese waarde.
Uitdagings gedurende die
afgelope finansiële jaar
Die oordrag van insetmiddele deur produsente weens die
afskaling in die vorige jaar, het ‘n negatiewe invloed op
verkope gehad.
Die laat reënval het produsente huiwerig gemaak om inset
middele vooraf aan te koop wat, tesame met die oordrag
van insetmiddele, druk geplaas het op die optimale bestuur
van voorraadvlakke.
Verhoogde kredietrisiko op uitgestelde betalings weens
laat reën.
Die trae ekonomiese groei het ‘n negatiewe impak op ver
kope gehad.
Die maatskappy het ‘n uitdagende plantseisoen beleef tydens
die finansiële jaar weens laat reënval en produsente se oor
drag van insetmiddele vanaf die vorige jaar.
Ten spyte van die uitdagings, het omset met 3,4% toegeneem
en bruto wins het met 11,6% verhoog. Hinterland se nuwe
brandstofstrategie het gedeeltelik bygedra tot die verhoging
in bruto wins.
Goeie kostebestuur, tesame met verhoogde omset en marges,
dra by tot ‘n 46,4% toename in wins voor belasting.
Vooruitsigte
Die waarskynlikheid van ‘n El Niño-jaar, tesame met lae
kommoditeitspryse, sal ‘n direkte impak op die verkoop
van insetmiddele hê, gebaseer op die produsent se finan
siële posisie en onsekere klimaatsomstandighede vir die
komende plantseisoen.
Die huidige politieke onstabiliteit is egter ‘n bron van kom
mer, aangesien dit ‘n impak op wisselkoerse en stygende
rentekoerse tot gevolg het, wat ‘n negatiewe impak op
die klant het.
Die integrasieprojek, uitbreiding van markaandeel, ver
hoogde effektiwiteit, klantediens en handelsmerkbe
wustheid bly belangrike fokusareas vir die nuwe jaar. Die
verbetering van die klanteondervinding by geriefswinkels
en vulstasies is belangrik en fokus sal ook daarop geplaas
word gedurende die komende jaar.