STRATEGIESE EN
BEDRYFSKONTEKS
Insetverskaffing
2017
2016
15,6%
2,0%
BYDRAE TOT TOTALE WINS
UIT BEDRYFSAKTIWITEITE
2017 2016
Inkomste (R’m) 1 350 1 429
Totale koste (R’m) 1 307 1 424
43 5
Bedryfswins voor belasting (R’m)
Prestasie-opsomming
Senwes Equipment
Doelstelling
Om die voorkeurverskaffer van landboutoerusting te wees
in die Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Suid-
Gauteng. Dit sluit ’n verbeterde verskaffingsvermoë en -oplos
sing in wat sal verseker dat ons klante en hul besighede kan
groei.
Strategiese fokusareas vir die toekoms:
Verskaf die nodige opbrengs op belegging in
die meganisasiebesigheid aan aandeelhouers
deur die deurlopende verbetering en optima
lisering van die meganisasieaanbod regdeur
die gebied en deur die aanstel van talentvolle
werknemers ten einde uitstaande innoverende
en volhoubare tegniese dienslewering te verse
ker;
Streef deurlopend na die konsolidasie van die
John Deere agentskappe in Suidelike-Afrika;
Geïntegreerde besigheidsmodelbenadering
- kruisverkope aan die klantebasis van ander
besigheidseenhede;
Uitrol van JCB landboutoerusting na Senwes se
bedieningsgebied en die Oos-Kaap;
Uitbreiding na die Oos-Kaapse mark; en
Toename in uitvoer van gebruikte heelgoedere
na Sub-Sahara Afrika.
2017 2016
24 375 34 160
Uitgawes tot inkomste (%) 14,6 14,3
Markaandeel (%) 27,0 27,8
kW verkoop
Senwes Equipment het goeie netto resultate gelewer, nie
teenstaande ’n krimpende mark en klante wat onder kontant
vloeidruk verkeer.
Gebruikte heelwerktuie het ’n uitsonderlike jaar beleef weens
die abnormale styging in die pryse van nuwe goedere asook
weens die kontantvloeidruk wat heers onder produsente. Ge
fokusde aandag is gedurende die jaar geskenk aan die uit
breiding van die bestaande klantebasis, wat die resultate in ’n
krimpende mark ondersteun het. Fasiliteite by die Hartswater
en Ventersdorp werkswinkels, Aliwal-Noord en Ugie is opge
gradeer in ’n poging om dienslewering verder te verbeter.
Vooruitsigte
Die mark behoort geleidelik te herstel gedurende die
nuwe finansiële jaar, gegewe die huidige oesverwagtinge.
Alhoewel oesopbrengste verhoog het, word voorsien dat
die klant eers sy skuldvlakke sal normaliseer alvorens
kapitaal aangewend word vir nuwe kapitaalgoedere. ’n
Goeie omset behoort gehandhaaf te word ten opsigte
van gebruikte heelwerktuie gedurende die nuwe finan
siële jaar en die uitbreiding van ons klantebasis, as deel
van die groter Senwes integrasieprojek, bly ’n fokusarea
vir die nuwe finansiële jaar. Verhoogde effektiwiteit en
dienslewering is van die uiterste belang in die uitrol van
’n oplossingsbenadering vir die klant.
51