Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 46

44 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï VERSLAG VAN DIE GROEP HOOF UITVOENDE BEAMPTE | vervolg Waardering 5 Gedurende die jaar het Joe Maswanganyi as uitvoerende direkteur bedank en ons ruim uitgehelp tot Junie 2017. Joe was instrumenteel in die daarstel en uitbou van ons strate­ giese filosofie en plan, ons menslike kapitaalafdeling, ons eiendoms­portefeulje, sowel as die daarstel van ‘n volhoubare BBSEB-strategie. Joe sal voortaan as ‘n nie-uitvoerende direk­ teur op van die filiale en gesamentlike ondernemings dien en ons sê dus nie finaal vaarwel nie. Vir my mede-uitvoerende komiteelede en die res van die span, dit was weereens ‘n voorreg om julle langs my te hê in een van die mees uitdagende siklusse in die 108-jarige bestaan van die maatskappy. Vir die raad van direkteure van die Senwes groep, dankie vir kalm en goed beredeneerde en deurdagte benadering wat jul­ le volg om rigting te verskaf in dié tyd. Die klante van Senwes is die spil waarom Senwes draai. Geen onderneming het ‘n bestaansreg sonder dat die kern van sy bestaan bewys word as ‘n klantgedrewe, geïntegreerde oplossing vir sy klantebasis nie. My dank aan elke klant vir u lojale ondersteuning in die afgelope jaar. In diepe erkentlikheid aan ons Hemelse Vader. ......................................... Francois Strydom GROEP HOOF UITVOERENDE BEAMPTE Klerksdorp 29 Junie 2017 Sien Korporatiewe Beheerverslag aangaande meer detail oor die bestuur en beheer van die groep bl. 78 tot 96. 5