STRATEGIESE EN
BEDRYFSKONTEKS
Die volgende strategiese aksies van die 2025
plan is sedertdien geïmplementeer:
is, kan reorganisasie en gevolglike spesialisasie volg, wat
die besigheid sal herposisioneer vir groei.
‘n Innovasie- en Integrasieafdeling is op die been gebring
ten einde beter koördinasie tussen besigheidseenhede te
bewerkstellig, beter klantediens met verhoogde beheer
oor bemarkingsaksies daar te stel, beter navorsing en pro
dukontwikkeling te bewerkstellig, tegnologiese oplossings
te ontwerp en sodoende die klanteverhoudings te verbeter
en gevolglik die retensie van klante te verhoog. Die verkry
ging van nuwe klante en ook ‘n verhoging in die spander
ingsvermoë van die klant word nou in die vooruitsig gestel
en is reeds in ‘n ontwerpfase.
Senwes het ook sy aptyt in die hoëwaarskynlikheidsgraan
verhandelingsboek verhoog en hierdie vermoë gekonsen
treer en gesentraliseer. Addisionele kanale is gevestig en
Senwes het op 1 Augustus 2016 sy verskansingsfonds in
samewerking met Absa in die mark geplaas. Hierdie fonds
se platform is ontwerp na vyf jaar se suksesvolle interne
prestasie in dié tipe verhandeling.
Senwes het van sy besigheidseenhede aan ‘n eksterne pro-
ses van analise en ondersoek onderwerp en die betrokke
eenheid se besigheidsmodel ondergaan tans ‘n totale her-
ontwerp en transformasie. Hoër effektiwiteit sowel as mark-
aandeelgroei word in die vooruitsig gestel.
Die direksie het Senwes se lojaliteitskema goedgekeur en sal
grootliks daarop fokus om bewese voordele vir alle klante
te bewerkstellig en steeds genoegsame waarde te skep vir
die aandeelhouer. Die skema is goedgekeur deur die toepas
like regulatoriese liggaam en is van toepassing op die volle
2016/17 finansiële jaar. ‘n Bonus van R54/ton is in terme van
die jaar se skema toegeken aan alle geregistreerde klante
wat graan by Senwes gelewer het vir die 2016/17 seisoen.
Die eerste allokasie sal teen 2033 uitbetaal word.
2025 Toekomsprojekte
Dit word deurlopend duideliker dat besigheid in Suid-Afrika
in die proses is om suksesvol te eksternaliseer na laer risiko
jurisdiksies. Ons doelwitte bly ook om te eksternaliseer en
daarmee saam gelyktydig te diversifiseer. Uitbreiding na
nuwe markte kan beide aspekte gelyktydig afdek.
Gesamentlike ondernemings was een van die suksesstories
van die 2020 strategie en die 2025 strategie sal daarop
voortbou. Verdere konsolidasie deur samewerkingsooreen
komste sal kritiese massa weens strategiese posisionering
meebring, sowel as sinergieë wat die volhoubaarheid en
oorlewingsvermoë van die besigheid sal verbeter. Sodra die
platforms met voldoende kritiese massa effektief gevestig
3
Verwys na die Volhouaarheidsverslag asook bl. 30 tot 32.
Senwes voorsien verhoogde deelname aan die logistieke
netwerk, veral in die lig van inwaartse en uitwaartse ver
voer. Die Suid-Afrikaanse produsent ding tans mee met
pryse in wêreldmarkte en die huidige oneffektiwiteit, wat
verband hou met vervoer, noodsaak ‘n nuwe toepaslike
oplossing. Verskeie rolspelers in die waardeketting plaas
reeds meer fokus op dié aspek.
Sekere dele in die graanwaardeketting lewer oor tyd reeds
goeie opbrengste. Senwes poog om sy betrokkenheid in
hierdie areas te verhoog.
Verantwoordelike burger 3
Senwes glo dat die politieke oplossing vir die landboubedryf
deur goeie kommunikasie en gesprekvoering kan plaasvind.
Senwes het die “Nasie in Gesprek” inisiatief uitgebrei en poog
om die storie, sowel as uitdagings van die Suid-Afrikaanse
boer, aan die groter Suid-Afrika te vertel en gelyktydig beter
begrip by die breër publiek, die regering sowel as beoogde
nuwe toetreders tot die bedryf te kweek.
Thobo Trust is Senwes se voertuig om opleidingsinisiatiewe vir
swart plaaswerkers sowel as swart personeellede se kinders te
verskaf. Hierdie voertuig sal in die toekoms ook belange hou
in ons kalk- en brandstofbesigheid. Dit het reeds ‘n 26,5%
indirekte belang in ons graanverhandelingsbesigheid, wat ‘n
vlak-5 bydraer is tot die BBSEB eienaarskap telkaart.
Kyk vorentoe
Die landboubedryf verander teen ‘n vinnige tempo. Daarmee
saam gaan die nuwe seisoen waarskynlik sy eiesoortige uitda
gings inhou. ‘n Laat seisoen, druktyd by silo’s om graan ge
lewer te kry, groot hoeveelhede graan wat nat gelewer gaan
word, sowel as uitdagende lae pryse is waarskynlik wat voorlê
in die grootste gedeelte van die somersaaigebiede in Suid-
Afrika. Primêre landbou gaan waarskynlik die groter ekono
mie uitpresteer wat groei betref, maar sal na verwagting die
surplus kontant grootliks aanwend om skuldvlakke te normali
seer.
Ten spyte van ‘n goeie oes op die land, is dit onseker of die
vooruitgeskatte risikovlak 4 na normale vlakke gaan terugkeer.
Dit is ook so dat die seisoen wat volg op ‘n droogtesiklus ge
woonlik gekenmerk word deur groot regstellings van klante
sake en uitwinning van dié wat nie die siklus kon deurleef
nie. Belanghebbendes kan egter verseker wees dat Senwes sal
voortgaan met die belegging in innovasie en integrasie en sy
relevansie in die toekoms verder sal verhoog.
4
Sien die Risikoverslag vir meer detail op bl. 60 tot 65.
43