senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
VERSLAG VAN DIE GROEP
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
Ekonomiese oorsig
D
ie BBP van landbou het vir 2016/17 drasties vernou
met 7,8% laer aktiwiteite, hoofsaaklik weens die
2015/16 droogte wat in die 2017 finansiële jaar sy
volle impak gewys het. Landbouskuldvlakke is die hoogste
ooit en die vorige drastiese verhoging in skuldvlakke, wat
plaasgevind het in die middel tagtigerjare, het sewe jaar ge
neem om te herstel en het eers teen 1992 na aanvaarbare vlak
ke genormaliseer. Daar is ‘n kans dat die verlede hom weer sal
herhaal in dié verband.
Suid-Afrika se totale boerderyskuldvlakke
160
120
80
40
Werklik (nie aangepas met inflasie) (R’miljard)
Langtermyn-gemiddeld (1980-2016) (R’miljard)
“
Dit word deurlopend
duideliker dat besigheid in
Suid-Afrika in die proses
is om suksesvol te ekster-
naliseer na laer risiko juris-
diksies. Ons doelwitte bly
ook om te eksternaliseer en
daarmee saam gelyktydig
te diversifiseer.
”
20
0
42
Inflasie aangepas
(2016 terme) (R’miljard)
Dit is ook waar dat radikale politieke uitsprake aangaande die
grondkwessie en die tekort aan ‘n stabiele langtermynoplos
sing, investering in die primêre bedryf kortwiek. Die sakever
troue sal waarskynlik behoorlik getoets word sodra meer kon
tant loskom, wanneer produsente beleggingsbesluite sal moet
neem.
Finansiële oorsig 1
Alhoewel die groep se resultate steeds onder druk verkeer
weens die droogte, het die maatskappy die makro-ekonomiese
toestande uitpresteer. Genormaliseerde wesensverdienste het
weliswaar vanaf ‘n lae basis met 36,6% gestyg. Opbrengs op
ekwiteit vir die periode onder oorsig is 8,9%, terwyl die 5-jaar
gemiddeld 14,1% is in vergelyking met die 12,4% van ander
gerapporteerde landboumaatskappye.
Strategiese prioriteite 2
Die 2020 plan is afgesluit en ons kon daarin slaag om ‘n ge
noegsame basis te bou en skaal toe te voeg tot besigheidseen
hede waar dit nodig was. Groot suksesse is deur samewerking
behaal en afgesien van een inisiatief, het al die samewerkings
ooreenkomste oorleef en selfs die toets van drie droogtes in
die afgelope vier jaar deurstaan.
1
Sien die Groep Hoof Finansiële Beampte se verslag vir meer detail op bl. 56 tot 59.
Sien die Voorsittersverslag vir meer detail op bl. 8 tot 9.
2