Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 31

DIE BESIGHEID Aksies om uitkomste te verbeter Sonkragprojekte word by vyf Hinterland takke beplan; Uitkomste Afname van 1 338 897 kWh (44,9%) in energieverbruik by hoofkantoor; Afname van 0,8% in waterverbruik by hoofkantoor; Besparing van 39 297 kg CO 2 ten opsigte van papierverbruik. Uitdagings vir die toekoms  Toenemende skaarsheid en kwaliteit van natuurlike hulbronne bly ‘n uitdaging;  Onvermoë van munisipaliteite om hul water- en kragrekeninge te bestuur het ‘n nadelige effek op besigheidsaktiwiteite;  Klimaatsverandering: Droogte wat ‘n nega­ tiewe impak op voedselproduksie sal hê; Eerste sonpaneelenergiestelsel is suksesvol geÏnstalleer by Hennenman-silo. Sodra die lewensvatbaarheid daarvan bewys is, sal die uitrol van so ‘n projek na ander silopunte plaasvind; Fokus om oplossings aan produsente te bied om water meer effektief te benut; ‘n Afvalverminderingsprogram gefokus op die vermindering van papierverbruik deur tegnologie te gebruik; Installering van elektroniese elektrisiteits­ meters by silo’s om munisipale lesings te neem. Gerusstelling ten opsigte van natuurlike kapitaal Onafhanklike konsultasie oor die rehabili­ tasie van die mynaanlegte van Grasland Ondernemings  Die effek wat aardverwarming op die land­ boubedryf kan hê;  Die vraag na water oorskry die natuurlike beskikbaarheid;  Onvermoë van Eskom om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen weens swak infra­ struktuur en instandhouding. Kompromieë in die gebruik van natuurlike kapitaal Die belegging in energie- en waterbesparingsprojekte het oor die kort termyn ‘n negatiewe impak op finansiële kapitaal, wat egter positief bygedra het tot natuurlike en finansiële kapitaal oor die lang termyn. 29