DIE BESIGHEID
Aksies om uitkomste te verbeter
Uitkomste
Netto silo-inkomste (hantering en berging)
van R153,4 miljoen vir die jaar;
Toename in markaandeel ten opsigte van
berging en hantering van graan van 9%;
Besparing van 40% in elektrisiteitsverbruik te hoofkantoor
van 1 338 897 kWh, totale elektrisiteitskostebesparing van
R2 miljoen;
Verbeterde inkopie-ervaring by takke in Bergville, Bothaville,
Harrismith, Middelburg, Potchefstroom en Winterton, wat
verkope verhoog met 25% in die departemente waar die
inkopie-ervaring verbeter is;
Verbeterde klantediens deur middel van
die verhoogde innametempo en deurlug
ting by silo’s;
Struktuurverandering en opvolgbeplanning
van bedryfsingenieurs;
Verbeterde kontroleomgewing en
struktuurverandering in die SHEQ-afdeling.
Gerusstelling met betrekking
tot vervaardigingskapitaal
Bateopnames deur eksterne ouditeure;
Depresiasie van R40,7 miljoen; Goedkeuring van projekte deur die direk
teure. Evaluering en rapportering word na
die projek deur die Ouditkomitee gedoen;
Instandhoudingskoste van R41,5 miljoen. SHEQ-veiligheidsoudits;
Isometrix nakomingsmodel;
Uitdagings vir die toekoms JSE-nakomingsoudit;
Oprigting van alternatiewe opberging
strukture; COC-oudits;
Vaardigheid van bedryfsingenieurs; SAGIS (South African Grain Information
Services)-oudits;
Aanwending van kapitaal by die regte
silokomplekse om optimale opbrengs te
verseker en risiko’s te beperk;
SHEQ-regulasies.
Interne ouditondersoeke;
HACCP-akkreditering;
Nakomingskomitee.
Kompromieë in die gebruik van vervaardigingskapitaal
Die voortgesette groei van Senwes deur middel van kapitale projekte verminder die finansiële kapitaal oor die kort termyn,
maar die fokus is om oor die lang termyn waarde te ontsluit wat tot voordeel sal wees vir menslike, sosiale en verhoudings-,
natuurlike en finansiële kapitaal.
27