26
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
VERVAARDIGINGSKAPITAAL
Wat beteken vervaardigings-
kapitaal vir Senwes?
S
enwes glo dat die investering in eiendom, aan
leg en toerusting sowel as die handhawing van
sy opgraderingsprogram, die handelsnetwerke,
effektiwiteit van die silo-infrastruktuur, klantediens en
die inkopie-ervaring gaan verbeter. Senwes gebruik sy
vervaardigingskapitaal om kontant te genereer uit die
opberging en hantering van graan, verskaffing van in
setmiddele en meganisasietoerusting aan klante, sowel
as die instandhouding van die meganisasietoerusting.
Sleutelinsette
Kapitale opgradering van die volgende han
delstakke word beplan: Bultfontein, Delmas,
Klerksdorp en Kroonstad;
Verkryging van drie nuwe meganisasietakke:
Ugie, Aliwal-Noord en George. ‘n Ontwikkelings-
projek in Oos-Londen is ook in proses;
Alternatiewe energieprojek by hoofkantoor –
LED-ligte en sonpanele van R24 miljoen;
Deurlugtingsprojek, asook die bespoediging
van die innameproses by silokomplekse van
R34 miljoen;
Eiendom, aanleg en toerusting met ‘n drabedrag
van R471 miljoen.