Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 24

22 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï MENSLIKE KAPITAAL Wat beteken menslike kapitaal vir Senwes? O ns werknemers is sleutelbelanghebbendes van Senwes. Ons toegewyde werksmag was en is steeds ons primêre mededingingsvoor­ deel in die lang en suksesvolle 108-jaar geskiedenis van die maatskappy. Ons het ’n hardwerkende span wat nog altyd ons langtermynvolhoubaarheid verseker het en wat sal voortgaan om ons sukses te verseker. Sleutelinsette ’n Leier in die bedryf en uitstekende maatskappy om voor te werk; Maatskappy met geleenthede; Veilige en gesonde werksomgewing; Werknemererkenning en markverwante vergoeding; Sterk leierskapspan; Inklusiewe omgewing en werksmagdiversiteit; Werknemers word bemagtig en eienaarskap word toegeken.