20
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
FINANSIËLE KAPITAAL
Wat beteken finansiële
kapitaal vir Senwes?
D
it is die poel van beskikbare fondse wat ge
bruik kan word ter bereiking van Senwes se
strategie om sodoende waarde vir alle belang
hebbendes te skep en om dit op die gepaste tyd te
ontsluit. Dit sluit skuld, ekwiteit, kontant gegenereer
deur bedrywighede sowel as beleggings in.
Dit is vir Senwes belangrik om die fondse wat geallokeer
is deur aandeelhouers en finansiers, teen die mees opti
male opbrengskoerse te belê ten einde aandelegroei en
dividendopbrengs vir aandeelhouers, sowel as rente en
vereiste kapitaaldelging vir finansiers, te verseker.
Kapitaal word op ‘n gebalanseerde wyse na elke fokus
area geallokeer ten einde die mees optimale uitkoms
te verseker.
Sleutelinsette
Kapitaalspandering van R116 miljoen om
strategiese projekte te bevorder;
Addisionele befondsing vanaf finansierders
van R437 miljoen;
Openingsaandeelhouersekwiteit van
R1,9 miljard;
Leningsfasilteite van R3,5 miljard, waarvan
R1,4 miljard onbenut is;
Markkapitalisasie van R1,9 miljard.