Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 17

DIE BESIGHEID Insetverskaffing Senwes Equipment Prodist Verbind tot oplossings Vra, verskaf, vertrou [ Afdeling van Senwes ] Senwes Equipment is ‘n gerekende landboutoerusting- en -dienstevennoot en bied meganisasie- en instandhoudingsop­ lossings aan klante. Senwes Equipment verskaf heelgoedere, onderdele en werkswinkeldienste aan produsente vanuit 27 kleinhandelstakke en 18 meganisasiewerkswinkels landswyd. [ Filiaal van Hinterland met LRB as vennoot ] Prodist, as groothandelsverspreider van ‘n verskeidenheid landbouprodukte en algemene ware, speel ‘n aktiewe rol in die optimalisering van elke aspek van die verskaffingsketting tussen produsent en eindverbruiker. Senwes Equipment is ook die eksklusiewe John Deere agent in sentraal Suid-Afrika, waar die kwaliteit van die toerusting gelyklopend is met die verskaffingskanaal. Die puik naverkope­ diens ten opsigte van trekkers, stropers en ander landbou- implemente word gerugsteun deur ‘n eeu se ondervinding en bedryfskennis. Deur die implementering van presisieboerderypraktyke, help Senwes Equipment produsente met oplossinggedrewe diens­ te ten einde hul winste te verhoog en insetkoste so laag as moontlik te hou. JD Implemente Gerat vir diens [ Filiaal met die Tomlinson-familie as vennoot ] JD Implemente stel Senwes Equipment in staat om sy John Deere markaandeel uit te brei na die Wes- en Oos-Kaap. JD Implemente lewer diens deur ses besigheidseenhede en ver­ skaf uitstekende landbou-meganisasie- en instandhoudings­ oplossings. Ongeëwenaarde naverkoopsdiens oortref pro­ dusente se verwagtinge keer op keer. Hinterland Herontdek dít wat saakmaak [ Gesamentlike onderneming met AFGRI ] Hinterland spesialiseer in die bemagtiging van produsente deur die verskaffing van insetmiddele vir ‘n wye verskeiden­ heid boerderypraktyke. Die suksesvolle kleinhandelsbesigheid wat handel dryf as Senwes Village, AFGRI Town & Country en Farm City bied ook ‘n wye verskeidenheid hardeware en geriefsprodukte aan die algemene publiek, soos besproei­ ingstoerusting, selfdoenprodukte, hardeware, veemedisyne, veevoer en brandstof. Hinterland het sy dienste uitgebrei met die aanstelling van besproeiings- en lewendehawespesialiste om produsente by te staan met uitstekende raad en kennis. Hinterland het 63 kleinhandelswinkels, sewe brandstof­ stasies met sewe geriefswinkels by die brandstofstasies en een supermark. Deur strategiese vennootskappe met verskaffers is Prodist een van die mees prominente groothandelaars en verskaffers van onderdele vir landbou-implemente, landbou- en besproeiings­ toerusting, hardeware en gereedskap. Massaprodukte word via twee distribusiesentrums in Johannesburg en Bethlehem ingevoer, herverpak en versprei na meer as 1 887 punte dwars­oor Suider-Afrika. Prodist is daarop toegespits om as ‘n effektiewe verskaffingskanaal die landboubesigheids- en kleinhandelshardewaremark in Suid-Afrika en sy buurlande te bedien. Grasland Ondernemings Uitstaande gehalte. Baanbrekerstrategie. Jou voorkeur kalkverskaffer [ Gesamentlike onderneming met NWK ] Grasland spesialiseer in die produksie van hoë gehalte kalk by vier myne in die Noordwes provinsie. Die onderneming voorsien dolomitiese en hoë gehalte kalk- en gipsprodukte vir landbou- en nywerheidsdoeleindes. 15