Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 16

14 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï BESIGHEIDSPROFIEL Finansiële Dienste Senwes Credit Senwes Batefinansiering Saam stel ons standaarde Proaktiewe, puik diens, gelewer met integriteit [ Afdeling van Senwes ] Senwes Credit bied produsente ‘n reeks unieke en doeltref­ fende finansiële produkte soos onder andere produksiele­nings, maandrekeninge, kredietreëlings van ‘n langtermyn­ aard en huur­­kope. [ Met Wesbank as vennoot ] Senwes Batefinansiering bied omvattende finansiële dienste, gemik op roerende bates sowel as verbandlenings – ‘n diens met besigheidsontwikkeling en volhoubare groei as die spil waarom alles draai. Senwes Credit verstaan die uitdagings wat produsente in ‘n onsekere ekonomiese klimaat in die gesig staar en tref daar­ om finansiële reëlings met die afnemers van graan ten einde oorbruggingsfinansiering te verskaf vir die bedryfskoste van hul besighede. Certisure Senwes Landboudienste, ‘n afdeling van Senwes Credit, verskaf gespesialiseerde dienste met ‘n fokus op waardetoevoe­ ging in akkerbou, dierkunde, plaasbestuur en landbou-eko­nomie, grondontleding en -oorsig, inligtingsdienste en die vestiging van nuwe boere. Goeie kliënteverhoudings is krities in ons besigheid, waar die kwaliteit van aanbevelings, praktiese uitvoerbaarheid en resul­ tate die mededingende prys totaal en al oorheers. Spesialiste in elke faset verseker volhoubare oplossings en optimale om­ draaitye ten einde so aanpasbaar moontlik te wees. Betroubare versekering vir almal [ Gesamentlike onderneming met NWK ] Certisure is ‘n versekeringsmaatskappy met talle spesialis­areas waarby landbou-, kommersiële en individuele kliënte kan baat. Bateversekering, oesversekering, finansiële beplanning, kredietlewensversekering, korporatiewe versekering, wild­ versekering en mediese skemas vorm die hoekstene van dié maatskappy. Die gerief van doelgemaakte versekeringsprodukte vir elke pro­ dusent, kliënt en lid van die publiek verseker ‘n mededingende voorsprong met min gelyke. Certisure verskaf makelaars- en administratiewe dienste waar kliënte se risikobehoeftes aan­ gespreek en na omgesien word. Molemi Sele Balanseer risiko [ Gesamentlike onderneming met AFGRI en NWK ] Molemi Sele is die eienaar van ‘n selversekeringsmaatskappy vir kredietlewensversekering in Guardrisk Life en fokus op onder­ skrywingsrisiko’s binne die kredietlewensversekerings­ domein. Thobo Trust Ons skep geleenthede [ Trustees: Senwes, Tradevantage, Hinterland, JD Imple­ mente, Prodist, Grasland, Grainovation, Certisure ] Thobo Trust is ‘n onafhanklike trust en dien as strategiese vennoot vir Senwes se swart ekonomiese bemagtigings- en sosio-ekonomiese ontwikkelingsdoelstellings. Senwes werkne­ mers, plaasarbeiders, opkomende boere en gemeenskappe in plattelandse gebiede waarin Senwes besigheid bedryf, trek die grootste voordeel uit hierdie besigheidsmodel.