16
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
BESIGHEIDSPROFIEL | vervolg
Marktoegang
Senwes Grainlink
Belegging in tegnologie en infrastruktuur
[ Afdeling van Senwes ]
Senwes Grainlink spesialiseer in die hantering en opberging van
graan en is geposisioneer tussen die produsent en die afnemer.
Hierdie skakel, wat Senwes Grainlink in die produsentewaarde
ketting verteenwoordig, is in staat om ongeveer 20% van
Suid-Afrika se graan en oliesade in ‘n gemiddelde produksie
jaar te hanteer. Die 68 silokomplekse en drie deursetstrukture
het ‘n totale silo-opbergingskapasiteit van 4,8 miljoen ton, wat
meer as 25% van die totale Suid-Afrikaanse kommersiële op
bergingskapasiteit verteenwoordig.
Senwes Grainlink het 2 223 buise waar graan en oliesade ont
vang, gedroog, skoongemaak en geberg word. ‘n Meer vaart
belynde proses is in plek gestel vir die verkryging en bemarking
van graan om sodoende die omsettye van produsente en afne
mers van graan te optimaliseer.
Tradevantage
Vennote vir voorspoed
[ Filiaal van Senwes ]
Tradevantage verskaf ‘n uitgebreide graanbemarkings- en
verhandelingsdiens aan beide binnelandse en buitelandse
kliënte, met betrekking tot mielies, oliesade, koring en diverse
sagtekommoditeite. Tradevantage is bekend vir akkurate uit
voering, effektiewe administrasie, professionaliteit en die ver
skaffing van innoverende oplossings, uniek ontwikkel volgens
elke kliënt se behoefte, en verskaf produkte aan afnemers wat
by hulle vervaardigingsaanleg afgelewer word.
Die verhandeling van graan word by ‘n sentrale punt uitge
voer, hoewel die verkryging gedesentraliseerd is met 17 ver
krygingskantore. Produsentspesifieke kontrakte en verhan
delingsoplossings plaas weereens die hef in die hand van die
produsent om sy oes te optimaliseer deur die daarstel van om
vattende prysingsprodukte en -strategieë. Senwes Grainlink
lewer ook dienste aan die graanafnemer en poog om grond
stof regdeur die jaar op die korrekte plek en tyd beskikbaar
te stel. Senwes Graanmakelaars
Senwes Saad Dit plaas Senwes Graanmakelaars in ‘n ideale posisie om siner
gie binne marktoegang te verhoog deur ‘n geleentheid aan
produsente, verbruikers en spekulante te verskaf vir deelname
aan of verskansing van potensiële markgeleenthede. Senwes
Graanmakelaars vervul ‘n ondersteunende rol, saam met
marktoegangsdienste, om markinligtingsverslae saam te stel
op ‘n daaglikse basis.
Saai die saad van sukses
[ Afdeling van Senwes Grainlink ]
In Orkney en Hartswater speel Senwes Saad ‘n kernrol in die
agri-waardeketting. Senwes Saad het homself oor dekades
heen gevestig as ‘n uitnemende saadverwerker, met ‘n uit
stekende reputasie onder produsente en in die mark. Hierdie
besigheid het ook onlangs sy aktiwiteite uitgebou en ‘n kleiner
verpakkingsaanleg toegevoeg tot die huidige aanbod.
Verbind tot lewering
[ Filiaal van Senwes ]
Senwes Graanmakelaars is ‘n maatskappy wat as makelaars
agent optree namens kliënte wat toegang wil verkry tot die JSE
(SAFEX) landboukommoditeitsafdeling. Senwes Graanmake
laars is ‘n volfiliaal van die groter Senwes groep en word ge
huisves binne Senwes Grainlink in die marktoegangsafdeling.
Grainovation
Jou potensiaal verwesenlik
[Gesamentlike onderneming met Imperial Logistics ]
Grainovation is ‘n toonaangewende logistieke operateur in die
landbousektor en bied gespesialiseerde vervoeroplossings vir
beide die produsent sowel as die koper van graan en oliesade.
Electronic Silo Certificates (ESC)
Onmiddellilk, veilig, nasionaal
[ Gesamentlike onderneming met AFGRI ]
Electronic Silo Certificates voorsien eienaars van ‘n veilige en
effektiewe manier om elektroniese silosertifikate via die inter
net of ‘n selfoon te bestuur. Sertifikate word soomloos aanlyn
verhandel en geadministreer.