12
senwes geintegreerde
verslag 2017
Ï
SENWES HANDELSMERK - DIE STORIE
Die begin
In die jaar 1909 het die stigters van die maatskappy 'n
geleentheid geïdentifiseer om boere in sentraal Suid-Afrika te
ondersteun deur graanopbergingsfasiliteite vir hulle te voor
sien. Senwes bou reeds die afgelope 108 jaar voort op hierdie
fondasie - om boere te ondersteun en om voedselsekuriteit
te verseker.
Die fondasie
Die handelsmerk is geskoei op ses suiwer korporatiewe waar
des wat werknemers aanvaar en uitleef, naamlik integriteit,
besigheidsoriëntasie, self-motivering, innovasie, lojaliteit en
aanspreeklikheid.
Die maatskappy
Senwes gebruik gesamentlike ondernemings as strategie om
sy geografiese teenwoordigheid uit te brei en mitigeer so sy
konsentrasierisiko en terselfdertyd sy doelwit om innoverende
en geïntegreerde oplossings vir sy klante te bied. Die maat
skappy bedryf besigheid as ‘n groep maatskappye vanuit agt
van die nege provinsies in Suid-Afrika, met ‘n personeelkom
plement van 3 157 werknemers.
Die verantwoordelikheid
Senwes het ‘n verantwoordelikheid om ‘n betekenisvolle
bydrae te lewer en volhoubare waarde te skep vir alle be
langhebbendes, en daardeur by te dra tot voedselsekuriteit
in Suid-Afrika. As korporatiewe handelsmerk, streef Senwes
daarna om die voorkeur beleggingsvennoot, werknemer, ver
skaffer en distribusiekanaal, sowel as ‘n goeie korporatiewe
burger, te wees.
Verbintenis
Senwes is verbind daartoe om ‘n betekeninsvolle bydrae te
lewer tot 'n volhoubare bestaan binne volhoubare landbou,
deur innoverende en geïntegreerde oplossings te verskaf aan
voedselprodusente en ander rolspelers in die toepsaslike sta
diums van die voedselwaardeketting. Senwes is ook verbind
tot waardeskepping vir al sy belanghebbendes deur volhou
bare besigheidsvoering, die beskerming van die omgewing en
deur by te dra tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van ons
werknemers en die gemeenskappe waarbinne ons besigheid
bedryf.
Die belofte
Senwes is bekend vir sy integriteit, lojaliteit en professionalisme,
wat weerspieël word in al sy besigheidsaktiwiteite. Senwes se
strategiese benadering in elke segment van die maatskappy se
betrokkenheid in die voedselwaardeketting, is om eerder min
der produkte/dienste van uitstaande kwaliteit te lewer as om te
poog om verskeie markte te bedien met talle aktiwiteite wat nie
voldoende waarde vir ons sleutelaandeelhouers bied nie.
Die doelwit van hierdie benadering is groei en diversifikasie
deur innoverende en geïntegreerde oplossings en volhoubare
praktyke binne die landbouomgewing en voedselwaardeket
ting.