Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | страница 11

DIE BESIGHEID Die hoofprioriteite van die direksie vir die jaar onder oorsig was as volg: Integrasie regoor alle besigheidseenhede van produkte en dienste wat aan die klant gelewer word om sodoende bestaan­de markte te beskerm en te optimaliseer; Opgradering van die bemarkingsinisiatiewe en -prosesse ten einde die besigheid se relevansie en winsgewendheid te verhoog; Die aanspreek van die verhoogde risikoprofiel en die daar­ stel van bestuursaksies en mitigerende stappe ten einde die oorblywende risiko terug te neem na aanvaarbare vlakke; Uitvoering van kapitaalprogramme ten einde volhoubaar­ heid te verbeter; Die herskedulering en aanpassing van kredietreëlings en kontrakte met heelparty produsente en korporatiewe klan­ te om die realiteite van lae volumes en buitengewone hoë kommoditeitspryse aan te spreek. ’n Lewende en gefokusde strategie Senwes het in 2015 sy 2020 strategie afgesluit en oorgerol na die 2025-plan. Dit is verblydend om te sien dat, ten spyte van heelwat uitdagings die afgelope jaar, bestuur steeds op die ontplooiing van die strategie fokus. Ek is veral tevrede met die klantgesentreerde benadering wat gevolg word en heelwat projekte is hierop gefokus. Die lojaliteitskema het in hierdie moeilike jaar R54/ton aan klante toegeken as beloning vir hul lojaliteit die afgelope jaar. Ons strategie sal verder daarop fokus om Senwes se risiko te verminder deur sy kapitaalallo­ kasie te kanaliseer na markte wat avers is tot die risikoprofiel van die huidige portefeulje. Herstel waarde vir die aandeelhouer In ‘n onderdrukte sagtekommoditeitsiklus het die direksie besluit om omsigtig te werk te gaan met die distribusie van ka­ pitaal en die interim dividend is uitgestel van Desember 2016 na Maart 2017 ten einde die nuwe someroesseisoen se potensiaal allereers te bevestig. Die groep se kapitaalhandhawingsriglyne is steeds gehandhaaf en die vernaamste kaviate soos rathef­ boomverhouding, rentedekking en dividenddekking is hersien, waarvan sommige met finansiers heronderhandel is. Op 30 April 2017 was ‘n dividenddekking van 2,2 keer van toe­ passing en is ‘n dividendopbrengs van 4,3% op die openings­ markprys van 1 Mei 2016 behaal. Die raad van direkteure het dan ook ‘n finale bruto dividend van 25s/aandeel verklaar, wat bekragtig moet word op die algemene jaarvergadering wat gaan plaasvind op 24 Augustus 2017. Senwes het ook op 20 Februarie 2017 na die alternatiewe aandeelverhandelings­ platform, ZAR X, gemigreer en aandeelverhandeling geskied binne hierdie gereguleerde omgewing. Vooruitsigte Met ‘n buitengewone goeie oes op hande, is die verwagting dat landbou terug sal keer na sy normale bydrae tot die eko­ nomie en word ‘n goeie siklus vir 2018 voorspel. Korporatiewe beheer en opvolg ‘n Effektiwiteitsassessering vir die hele raad van direkteure is gedurende die tweede helfte van die jaar onderneem en ons het weer bevestiging gekry dat ons direksie goed gebalanseerd en gediversifiseerd is. ‘n Goeie mengsel van onafhanklikheid, ondervinding en vaardighede bestaan en ons is bevoorreg om direkteure met 'n goeie korporatiewe geheue en internasionale blootstelling op die direksie te hê. Ons verwelkom vir mnr Simon Mohapi, wat aangestel is as onafhanklike nie-uitvoe­rende direkteur tydens die algemene jaarvergadering in Augustus 2016. Ons groet ook vir mnr Joe Maswanganyi, wat sy uitvoerende direkteursloopbaan afsluit op 30 Junie 2017. Dit was ‘n groot voorreg om Joe as deel van die span te kon hê en ons glo dat hy voortaan steeds in ‘n ander rol by Senwes betrokke sal wees. Sluitingsopmerkings Namens die raad van direkteure bedank ek graag ons werkne­ mers vir hul lojaliteit en harde werk tydens een van die moei­likste siklusse in die maatskappy se geskiedenis. Ek bedank ook graag vir Francois Strydom en sy bestuurspan vir die onverskrokke wyse waarop die groep gelei word. My mede-raadslede, dankie vir julle ondersteuning, toegewydheid en robuuste deelname deur die jaar. Baie dankie aan die aandeelhouers van Senwes, veral Senwesbel en Grindrod, vir jul voortgesette ondersteuning. Ons bely weereens ons diepe afhanklikheid van en dankbaar­ heid teenoor ons Skepper. ..................................... Danie Minnaar VOORSITTER Klerksdorp 29 Junie 2017 9