Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 10

8 senwes geintegreerde verslag 2017 Ï VOORSITTERSVERSLAG Geagte Belanghebbende D ie jaar onder oorsig is gekenmerk deur uitermatige volatiliteit in alle wêreldekonomieë, met ontwikkel­ de markte wat grootliks beïnvloed is deur ‘n swak vraag na harde- en sagtekommoditeite. Voeg daarby die kata­ stro­fiese droogtesiklus wat Suider-Afrika en veral Suid-Afrika getref het sedert 2015, en die gevolglike ongekorreleerde styging in plaaslike sagtekommoditeitspryse teenoor interna­ sionale prysdalings, dan is die Suid-Afrikaanse produsent swak geposisioneer om teen die wêreldmark te kompeteer. Alhoewel Senwes heelwat droogtemitigerende aksieplanne en projekte geloods het, kon ons nie van dié katastrofe as geheel ontsnap nie en toon resultate steeds die realiteite van ‘n onderdrukte mark. Wesensverdienste het weliswaar met 36,6% verhoog, maar die styging volg op ‘n lae basis in 2016. Die agteruitgang van die makro-ekonomiese omgewing sal ‘n negatiewe impak op die rolspelers in die landboubedryf hê. Die impak sal allereers deur die produsent ondervind word, waarna dit sal deurspoel na die hele waardeketting, tot in die sak van die eindverbruiker. “ Dit is verblydend om te sien dat, ten spyte van heelwat uitdagings die afgelope jaar, bestuur steeds op die ontplooiing van die strategie fokus. Ek is veral tevrede met die klantgesentreerde benadering wat gevolg word en heelwat projekte is hierop gefokus. ” Die besluit deur die graderingsagentskappe om Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus af te gradeer, is ‘n groot terugslag vir ‘n reeds sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie. Die sakevertroue van buitelandse beleggers is negatief deur die afgradering beïnvloed en skerp fokus deur die regering is nodig om te verseker dat die vertroue weer na genormali­ seerde vlakke sal terugkeer. Verder is 'n gesonde monetêre beleid, wat effektief is om die risiko te bestuur, van kardinale belang. Relevante en beduidende aspekte waarop die direksie gefokus het Dit bly ons verantwoordelikheid om ons fidusiêre en statutêre pligte nougeset na te kom en ons neem verantwoordelikheid vir die strategie en sakeplan, besigheidsmodel, risiko-aspek­ te en die monitering van sake wat belangrik is vir ons maat­ skappy. Ons fokus dié jaar was grootliks om die organisasie in so ‘n posisie te kry en te hou, dat daar hoofsaaklik gefokus kon word op die klant en sy uitdagings, wat heelwat toegeneem het weens die droogte. Daarvoor moes die maatskappy in top kondisie wees, met sy eie risiko’s reeds onder beheer en planne reeds in plek gestel, voordat hy aandag sou kon skenk aan die uitdagings van sy klant en die omgewing.