Senwes Integrated Reports Senwes 2016/2017 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 9

OORSIG KWARTAAL 4 KWARTAAL 3 Grasland se aanleg by Britten is opgegradeer om ‘n addisionele pro­ duk, fyn gips, te kan produseer en te lewer, wat 2% van die huidige jaar se omset verteenwoordig. Ontwikkeling van nuwe graanverkrygingproses en -toepassing. Die projek het ten doel om die verkrygers op te lei, te ontwikkel en te bekragtig en sal na verwagting ongeveer ‘n 10% verhoging in Graanverkryging se markaandeel tot gevolg hê. Verskuiwing van personeelvoordele na Old Mutual en Nedbank dra by tot ‘n R20 miljoen voordeel vir die Senwes groep in terme van die besparing van personeelkoste. Integrasie en Innovasie se implementering van verskeie strategiese aksies in die groep ten einde markaandeel te bevorder, is reeds besig om positiewe resultate te lewer. Senwes en Senwesbel lys op die ZAR X-platform.      Tradevantage, wat sagtekommoditeite verhandel, het ‘n vlak 5-sta­ tus op sy BBSEB-telkaart behaal. Nasie in Gesprek stel ‘n nuwe formaat vir ‘n 13-episode televisie­ reeks bekend en bereik ‘n totaal van 24 miljoen gedupliseerde kykers      van kykNET, Business Day TV en Soweto TV. Rekordbywoning van ongeveer 300 boere by die Senwes Jongboer­ kongres, waarvan die tema Familieboerdery was. Ten spyte van ‘n tekort aan graan en negatiewe drakoste in die mark, kon Tradevantage daarin slaag om kontrakverpligtinge na te kom. Tradevantage was wesenlik blootgestel aan prysgebaseerde risiko op die prysingsportefeulje en die strategie van agentskapsgraan. Risi­ komitigerende maatreëls is in plek gestel en gefokusde aandag is hieraan geskenk en beheermaatreëls toegepas om die huidige sowel as toekomstige risiko’s te mitigeer. Senwes se proaktiewe droogtemitigerende aksies ten einde risiko en opbrengs op ‘n aanvaarbare vlak te kry, het bygedra tot ‘n toename in wins voor belasting van R142 miljoen. Residuele risiko neem met 27,7% af na aanvaarbare vlakke sedert Maart 2016. Senwes loods sy plaaslaaiprojek ten einde nat graan ekonomies te ontvang vanaf buitegebiede. ‘n Gemiddeld van ongeveer 12% van die verwagte graanontvangste vir die 2016/2017 oes word op hier­ die basis ontvang. ‘n Rekordbywoning van 1 100 produsente word aangeteken by die      Senwes Equipment Expo. Verhoogde kontrolemaatreëls is geïmplementeer en ‘n effektiwiteits­ ondersoek is geloods, wat moontlik verhoogde produktiwiteit van 10% kan ontsluit. Aankondiging van aandeleterugkoopskema ten bedrae van R45 mil­ joen, wat op 30 Junie 2017 sal afskop. Leningfasiliteite ter waarde van R4,5 miljard is sonder enige herpry­ sing suksesvol onderhandel. Interim dividend van 20 sent per aandeel is betaal, terwyl ‘n finale dividend van 25 sent per aandeel verklaar is. Implementering van King IV. Nuwe menslike hulpbronnestrategie is uitgerol. Die eerste sonpaneelenergiestelsel is by Hennenman silo geïnstalleer en die verwagte besparing in energie beloop 450 000 kWh per jaar.    http://senwes.co/zarx       http://senwes.co/NiCTV2017 http://senwes.co/EquipExpo17 7