Senwes in
perspektief
Ons silo’s
Ons berg amper 30% van die land se graan en beskik oor die kapasiteit om ongeveer 4,6 miljoen ton graan te berg, wat beteken dat
Senwes ‘n industrieleier is.
Vennootskappe met sleutelverskaffers
Ten einde die beste eenstoplandboudienste te lewer en onnodige koste in die waardeketting te verlaag, het ons vennootskappe
aangegaan met ander kundiges binne die bedryf. Dit sal ons in staat stel om onsself te posisioneer as die voorkeurverskaffer van
goedere en dienste.
Uitstekende klanteverhoudinge
Mense word beskou as Senwes se mees waardevolle hulpbron en ons ondersoek deurlopend geleenthede om meer effektief met
ons belanghebbendes te skakel. Ons verskaffers, produsente en klante trek voordeel uit ons menslike kapitaal, logistieke oplossings,
infrastruktuur en kapitaal.
Kundigheid in landbou
Senwes verseker dat hy die beste talent, vaardigheid, ondervinding en bevoegdheid verkry om te verseker dat die Maatskappy ‘n
leier op die gebied van dienslewering, professionalisme en kundigheid is. Deur interne verhoudinge te bou, studiegeleenthede te
bied en markverwante insentiefskemas, maak ons seker dat personeel eienaarskap van die Maatskappy aanvaar. As bedryfsleiers
werf ons personeel wat verbind is tot die finansiële, sosiale en omgewingsdoelwitte van die Groep.
7