Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 8

Visie Om ‘n geadmireerde agri-besigheid te wees deur voort te bou op ons doelstelllings en ons ononderhandelbare toewyding tot etiese waardes. Strategiese doelwit Ons wil nie slegs ‘n volhoubare, geadmireerde maatskappy wees wat die pas aangee in die bedryf nie, maar ons wil ook ‘n leidende rol speel in die daarstelling en handhawing van voedselsekuriteit in ons land en die res van Afrika. Waardes: Integriteit Besigheidsoriëntasie Innovasie Lojaliteit Self-motivering Aanspreeklikheid 30 April 2014: Omset R11 476 miljoen Mark- kapitalisasie R1 820 miljoen Totale Bates R4 128 miljoen Aantal Personeel 2 877 Netto Wins R251 miljoen Sosiale ontwikkelings- bydrae R2,5 miljoen Onder- nemings- ontwikkeling R8,3 miljoen Op pad na 2020 Ons poog om voortdurend nuwe grond te breek. Met ons onlangse strategiese samesmeltings het ons voetspoor vergroot, wat weer meer waarde vir ons klante skep. Senwes is vinnig besig om te ontwikkel in ‘n nasionale mededinger. Van ons winkels tot op die plaas en terug na ons silo’s, is ons ‘n eenstoplandboubesigheid wat aan die boer se veelvuldige behoeftes voldoen. Van insetprodukte, kapitaalgoedere, finan- siering, versekering, tegniese advies tot logistieke dienste, voeg ons waarde toe. 6 Ons vorm gesamentlike ondernemings en het geografiese grense afgebreek. Met bestaande internasionale besigheidsvennote bring ons alreeds die voorste tegnologie en produkte binne die bereik van ons markte teen mededingende pryse. Na 105 jaar in die besigheid sal Senwes voortgaan om te verbeter op suksesse van die verlede, maar sal hy steeds op geleenthede in die toekoms fokus. Ons visie is om ‘n geadmireerde landboubesigheid te wees, wat ons doen deur goeie kernwaardes soos integriteit, innovasie, lojaliteit, self-motivering, aanspreeklikheid en besigheidsoriëntasie toe te pas. Ons gesonde waardesisteme verseker ‘n stewige platform vir al ons beleggers en rolspelers om nie net finansiële voordeel daaruit te trek nie, maar ook om volhoubare voedselsekuriteit in Suid-Afrika en Afrika te verseker.