Werknemerverhoudings
Werknemerverhoudings by Senwes is gebaseer op die verbintenis tot die daarstelling van ‘n omgewing vry van misbruik van menslike
hulpbronne, diskriminasie en ‘n begeerte om ‘n omgewing te kweek vir sosiale skakeling, gelykheid en respek vir menseregte. Hierdie
aspirasies en toewysing is gebaseer op die beginsels van die Internasionale Arbeidsorganisasie se konvensies met betrekking tot
regte in die werksplek, die Suid-Afrikaanse Handves van Regte en arbeidsregulasies. Hierdie regte word toegepas en beskerm.
Senwes is ‘n lid van die Graanbedingingsraad en erken drie vakbonde, naamlik Solidariteit, FAWU en NUFBWSAW.
Daar was geen insidente van gedwonge arbeid of kinderarbeid gedurende die jaar nie.
Gesondheid en veiligheid
Die versekering van die gesondheid en veiligheid van ons werknemers is gebiedend noodsaaklik vir Senwes.
Die Senwes gesondheid- en veiligheidstrategie rus op vier pilare, naamlik:
• Bemagtigende omgewing.
• Onderwys en opleiding van ons werknemers.
• Bemagtiging van werknemers om ‘n oordeel oor sekere aspekte te fel.
• Toepassing van reëls en regulasies.
VEILIGHEID- EN GESONDHEIDSTATISTIEK
Prestasieaanwysers
Aanwyser
2013/14 2012/13
Artikel 24 Ongeskiktheidsbeserings 4 12
Ongeskiktheidsbeserings 24 25
Verlore man-dae weens beserings 180 467
Ongeskiktheidsbeseringskoers (%) 1.97 1.60
ETIEK
Die Senwes Etiese Kode is ‘n dokument waarin Senwes sy toewyding tot die bedryf van besigheid op ‘n wettige en eties aanvaarbare
wyse openbaar. Hierdie dokument is van toepassing op elke direkteur en werknemer in die Groep, wat hulle almal tot die Etiese Kode
verbind het. Dit verduidelik en beklemtoon die waardes, standaarde en riglyne wat nagekom moet word in alle handelinge met interne
en eksterne belanghebbendes. Die kode bevorder ‘n etiese kultuur en ontmoedig onetiese gedrag en bevorder ‘n atmosfeer van
openlike kommunikasie met betrekking tot etiese sake. Alle gerapporteerde insidente word ondersoek en, indien voldoende inligting
verskaf word, word toepaslike korrektiewe aksie geneem. Anonimiteit van fluitjieblasers word gewaarborg.
Etiese program
Die Senwes etiese program fokus op die volgende belangrike prestasieareas:
• Etiese bestuur.
• Etiese leierskap.
• Opleiding en bewusmaking.
• Die skep van ‘n etiese kultuur.
• Programeffektiwiteit, gedragsmonitering en aanspreeklikheid.
36