WERKNEMERERKENNING
Erkenning word op afdelingsvlak gegee en kulmineer na Groepserkenning, gefokus op alle vlakke werknemers. Uitsonderlike
presteerders wat verwagtinge oortref en wie se gedrag konsekwent is met Senwes se waardes, word geïdentifiseer deur kollegas
en bestuur.
Die Groep erken uitstaande prestasie in die kategorieë van finansiële- en bedryfsprestasie; klantediens, volhoubaarheid,
entrepreneurskap, uitstekende spanwerk, uitstaande diens aan die Groep en die Besturende Direkteurstoekenning.
VERGOEDING
Vergoedingsfilosofie
Die doel van vergoeding is om talent aan te trek, te behou, te motiveer en te vergoed vir volhoubare kort- en langtermynprestasie,
ten einde die Groep se bedryfs-, strategiese en volhoubare langtermyndoelwitte te behaal.
Die Groep posisioneer homself op die 50 ste persentiel in terme van markgebaseerde (gewaarborgde) vergoeding en volg ‘n meer
aggressiewe aansporingskema om beter belyning tussen werknemers and aandeelhouers te verseker.
.
Korttermynprestasie-insentiewe
Die Groep gebruik korttermynprestasie-insentiewe (KTI) ten einde gedrag met betrekking tot belangrike strategiese en
besigheidsdoelwitte aan te moedig. Dit word gedoen om die bereiking van korttermyndoelwitte aan te moedig. Aansporingskemas
is gebaseer op die behaling van korporatiewe prestasiedoelwitte, divisionele en individuele doelwitte en volg die beginsel dat
doelwitte gestel word op die vlakke waarop werknemers invloed kan uitoefen.
Langtermynprestasie-insentiewe
Die doelwit van die langtermynprestasie (LTI) is om geselekteerde sleutelpersoneel te behou en hul langtermynbelange te belyn
met dié van die aandeelhouers.
Vergoedingsamestelling:
KORTTERMYNINSENTIEF
GEWAARBORGDE
VERGOEDING
Teikenbonus
LANGTERMYNINSENTIEF
Winsdeling
STRATEGIESE
PRESTEERDERS
UITSTAANDE
PRESTEERDERS
PRESTEERDERS
NORMALE
WERKNEMERS
SKAAL
37