Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 35

STRATEGIESE BELEGGINGSTRUKTUUR SENWES GROEP Agri- Dienste Agri- Bedrywe Hulpbronne Beleggings Logistiek Finansiële Dienste Korporatiewe Ondersteuningsfunksie Volhoubaarheidsbestuur Ons benadering tot volhoubaarheidsbestuur fokus grootliks op twee kritiese waardedrywers: verlaging van risiko en die optimalisering van geleenthede om volhoubare waardeskepping te verhoog. Hierdie benadering neem die realiteit in ag dat volhoubare ontwikkelingskwessies nie staties van aard is nie. Dit ontwikkel op ‘n dinamiese wyse en benodig dus deurlopend innovasie en ‘n hoë vlak van organisatoriese soepelheid. Ons volhoubaarheidspogings is derhalwe gefokus op die volgende breë doelwitte: • • • • • Gebruikmaking van geleenthede. Beskerming van huidige besigheid en inkomste. Vind nuwe besigheidsgeleenthede en inkomstestrome. Verlaging van risiko. Verbetering van bedryfseffektiwiteit. BELANGRIKE VOLHOUBAARHEIDSKWESSIES Besigheids- groei Natuurlike omgewing Finansiële prestasie Bemagtigende, veilige en gesonde omgewing Risiko- diversifikasie Tegnologie en besigheids- intelligensie Klantefokus Talent- bestuur Effektiewe Beheer 33