Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 34

Volhoubaarheids- bestuur Senwes is verbind daartoe om die volhoubaarheid van sy besigheid te verseker en om terselfdertyd by te dra tot die voortbestaan van ‘n billike, gelyke en stabiele gemeenskap, sowel as tot die bewaring van die ekosisteem. Ons doen dit deur bewus te wees van ons aksies en die impak daarvan op beide die gemeenskap en die natuurlike omgewing, en deur strategieë te ontwikkel wat mimimale negatiewe impak en maksimale positiewe impak verseker. By Senwes definieer ons volhoubaarheid soos volg: Volhoubaarheid verwys na die verantwoordelike, effektiewe en etiese wyse waarop huidige generasies alle soorte hulpbronne aanwend om aan hul eie behoeftes te voldoen en hul doelwitte en aspirasies te realiseer; en daardeur die sosio-ekonomiese en ekologiese omgewing te impakteer op ‘n wyse wat nie negatief impakteer op die vermoë van toekomsgenerasies om aan hul eie behoeftes te voldoen en hul doelwitte, aspirasies en potensiaal te realiseer nie, maar wat dit verbeter. (Aangepas uit The Brundtland Commission se definisie, saamgestel in 1987). Ons verstaan dat alle Senwes spanlede, insluitend die Direksie en Uitvoerende Bestuur, slegs penningmeesters is van die organisasie en die verantwoordelikheid opgedra is om besigheid te bedryf op ‘n volhoubare wyse, ten einde die besigheid aan toekomstige generasies te oorhandig in ‘n beter toestand as wat dit was toe ons dit vanaf vorige generasies ontvang het. Ons glo dat dit krities vir ons organisasie is om ‘n volhoubaar- heidsgeöriënteerde kultuur, strukture en prosesse vir die bestuur van volhoubaarheid te hê. Sleutelaanwysers en wesenlike volhoubaarheidsaspekte en –risiko’s word deurlopend gemonitor. Dit is belangrik om op hoogte te bly van belangrike plaaslike en internasionale regulatoriese en tegniese ontwikkeling op die gebied van volhoubaarheid en dat die bestuur daarvan aan die minimum vereistes soos verskaf deur King III voldoen. Dit moet ook belyn met die Global Reporting Initiatives (GRI)-riglyne. 32 Strategiese doelwit Om ‘n ten volle geïntegreerde landboubesigheid en betekenisvolle rolspeler in die wêreld-voedselketting te wees. Strategiese fokus Die Groep se strategie is gefokus op groei en diversifikasie deur konsolidasie en integrasie binne die landbou- en voedselwaardeketting. Strategiese doelwitte Ons strategiese doelwit is om volhoubare waarde vir al ons belanghebbendes te skep en om ‘n voorkeur beleggingsvennoot, werkgewer, verskaffer en korporatiewe burger te wees. Strategiese Drywers • Diversifikasie van die besigheid ten einde konsentrasierisiko te verlaag. • Horisontale integrasie en konsolidasie van die agri-besigheidsektor ten einde uitbreiding van ʼn nasionale voetspoor te verseker. • Herorganisasie van die besigheidsmodelle. • Vertikale integrasie van die besigheid deur gespesialiseerde fokus in die waardeketting. • Ontsluiting van waardesinergieë deur ondersteuningsfunksies. • Internasionalisering van die besigheid deur strategiese vennootskappe. Areas van Uitnemendheid • Klantefokus en verhoudingsbestuur. • Leierskap, talent, kultuur en waardes. • IT, besigheidsintelligensie en innovasie. • Bedryfseffektiwiteit. • Risikobestuur. Finansiële Doelwitte • Gemiddelde jaarliks opbrengs > WACC. • NWNB jaarlikse groei met inflasie + 2%. • Eiekapitaalverhouding tussen 35% en 45%. • Rentedekking van ten minste 2.5 keer. • Ratverhouding < 180%.