Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 31

Korporatiewe Dienste Vaardigheidsontwikkeling geniet gefokusde aandag op alle vlakke in die organisasie en die R4,2 miljoen wat jaarliks op opleidingsprogramme spandeer word, verteenwoordig gemiddeld 3.2 opleidingsdae per werknemer. 45% hiervan is op voorheen benadeelde werknemers bestee. Die Senwes Akademie het nasionale sertifikate en diplomas aan 70 leerders toegeken gedurende die oorsigjaar. Deurlopende skakeling met die regering en veral plaaslike regering, het plaasgevind, hoofsaaklik met betrekking tot dienslewering, plaaslike ontwikkeling en rekeningkwessies, in ‘n poging om die diensleweringsrisiko te verlaag en om ‘n bydrae te lewer tot plaaslike ekonomiese ontwikkeling. Toekomsvooruitsigte en -uitdagings Normale tot bo-normale reënval is tydens die 2013/2014 seisoen ontvang, wat hoër graanvolumes vir Senwes Grainlink tot gevolg kan hê. Die 2013/2014 jaar is gekenmerk deur lae produksie maar bo-normale uitvoere. Dit het rekord-lae graanvoorraadvlakke tot gevolg gehad soos op 30 April 2014. Die lae openings- voorraadvlakke sal ‘n negatiewe effek hê op die 2014/2015 resultate van Grainlink. Daar word verwag dat hierdie seisoen die geleentheid sal skep vir die graanbedryf om voorraadvlakke op te bou. Die groot oes sal waarskynlik tot gevolg hê dat die binnelandse mielieprys laer sal wees as uitvoerpariteit oor die medium termyn. Dit mag uitvoere stimuleer, hoofsaaklik ten opsigte van geelmielies, wat weer tot gevolg kan hê dat meer witmielies gebruik sal word vir veevoer. Hierdie situasie, sowel as die lae oordragvoorraad, kan voorraadtekorte gedurende die laaste helfte van die jaar tot gevolg hê, selfs met ‘n relatiewe groot plaaslike oes. Die groot plaaslike oes sal waarskynlik drakoste stimuleer, wat markdeelnemers sal aanmoedig om voorraad vir langer periodes te dra. Daar word verwag dat hoër graanopbrengste ‘n beter finansiële posisie vir produsente tot gevolg sal hê. Dit behoort aanleiding te gee tot hoër kapitaalspanderingspatrone, wat weer ‘n positiewe effek op meganisasieomset sal hê. Aanplantings gedurende die komende seisoen behoort in lyn te wees met die huidige seisoen. Senwes Credit verwag dat die kredietboek sal verhoog met insetinflasie en verwag ook ‘n marginale groei in markaandeel. Daar sal voortgegaan word met die integrasie en posisionering van Hinterland, wat ‘n wesenlike verhoging in direkte besigheid tot gevolg kan hê. Verdere kostesinergieë sal deur Hinterland ontsluit word gedurende die 2014/2015 finansiële jaar. Die konsolidasiefokus sal gedryf word deur Senwes en sy houermaatskappy Senwesbel in die komende jaar. Groter groeperings word gevorm en Senwes sal poog om homself so te posisoneer dat waarde geskep word vir die Groep en sy vennote. 29