AANDEELHOUERSOPBRENGS
Dividendbeleid
In lyn met ons strategiese doelwit om aandeelhouerswaarde te
skep, het Senwes die dividendbeleid, wat voorheen gebaseer was
op ‘n uitbetalingsverhouding, hersien. In die lig van die volatiliteit
van landboutoestande en die impak daarvan op gerapporteerde
verdienste, het ons besluit om oor te skakel na ‘n dividendbeleid
van absolute groei in dividende.
Terugkoop van aandele as
Tesourie-aandele
Gedurende die jaar het die Groep R102,2 miljoen spandeer op die
terugkoop van Senwes aandele op die opemark. Dit bring die totale
teruggekoopte aandele sedert die begin van die terugkoopprogram in
2012/2013 op 11,5 miljoen aandele te staan. Senwes Capital (Edms)
Bpk het 6,4% van sy aandele teruggekoop as Tesourie-aandele en
die doel daarvan is om die huidige kontantvereffende langtermyn-
skynaandeleskema te omskep na ‘n werklike aandeleskema.
BEDRYFSPRESTASIE
Senwes Credit
Die droogte het stadiger terugbetaling van die kredietboek tot gevolg
gehad, met gevolglike hoër marges vir die kredietbesigheid (3.5%:
2014 teenoor 3.2%: 2013). Die skuld is ondersteun deur sterk
balansstate en ‘n groot verhoging in voorsienings was nie nodig nie.
Teen 30 April 2014 het agterstallige skuld genormaliseer tot 3.4%
(2013: 3.3%) van die totale boek.
Die kredietboek het met 14.95% jaar-op-jaar verhoog en bygedra tot
‘n 35,4% verhoging in die netto wins na R88 miljoen. Die winsdeling
van WesBank van R7,6 miljoen vir 2014 verteenwoordig ‘n 43,99%
verhoging teenoor 2013.
Nieteenstaande die droogte en die druk van produsente om hul
versekeringspremies te verlaag, het Certisure daarin geslaag
om sy marges te handhaaf. Die geografiese uitbreiding van die
versekeringsbesigheid saam met NWK het die volhoubaarheid en
groeipotensiaal van die Groep verhoog.
Die R95 miljoen netto wins van Senwes Credit en Certisure verteen-
woordiging 36.5% van die totale wins uit bedryfsaktiwiteite.
‘n Waardedaling van R22 miljoen is deur die Groep geneem vir
die Afrika-besigheid, hoofsaaklik weens ‘n waardedalingsverlies
as gevolg van die verswakking van die Zambiese wisselkoers.
Die Afrika-besigheid sal geherstruktureer word gedurende die
2014/2015 finansiële jaar en nuwe strategieë om die Afrika-mark
te penetreer sal saam met ons vennoot in die besigheid, Bunge,
oorweeg word.
Nuwe toetreders tot die graanverhandelingsmark, sowel as laer
volumes, het die besigheid van Tradevantage en Bunge Senwes
onder druk geplaas. Die verhoging in kommoditeitspryse het
‘n verhoging in bedryfskapitaal genoop, wat op sy beurt weer
‘n negatiewe effek op marges gehad het. Volumes verhandel
deur Bunge Senwes gedurende die 2014 finansiële jaar het met
79% verhoog, wat ‘n markaandeel van 23% van mielie-uitvoere
verteenwoordig. Nieteenstaande laer volumes, het die netto wins
van Grainovation met 42% verhoog.
Die R85 miljoen netto wins van Senwes Grainlink verteenwoordig
32,7% van die totale wins uit bedryfsaktiwiteite.
Senwes Village
Die verslagdoeningsperiode is gekenmerk deur ‘n moeilike
besigheidsomgewing vir Senwes Village. Die droogtetoestande
gedurende die eerste helfte van die 2013/2014 plantseisoen het
‘n uiters negatiewe impak op die insetpilaar gehad. Die insetpilaar
was vanjaar gefokus op die integrasie van die Senwes en AFGRI
besighede, sowel as die uitrol van die besigheidsmodel in die nuwe
besigheid Hinterland.
Die besigheidsaktiwiteite van Senwes Meganisasie is negatief
beïnvloed deur die droogte en produsente het hul kapitaal-
vervangingsprogramme dienooreenkomstig uitgestel.
Meganisasie het egter daarin geslaag om sy markaandeel
gedurende 2013/2014 te verhoog met 2.1%, na 32.3%. Dié besig-
heidseenheid het ook beleggings gemaak in die opgradering van
beide die Wesselsbron en Hoopstad werkswinkels.
JDI, die meganisasieonderneming tussen Senwes en die Tomlinson
familie in die Oos-Kaap en Wes-Kaap, het goeie resulte gelewer
vir die derde opeenvolgende jaar en die besigheidsintegrasie en
uitbreiding na nuwe gebiede het ook goeie resultate gelwer.
Senwes Grainlink Die resultate van Grasland toon ook ‘n afwaartse tendens. Kalk-
verkope het dieselfde tendens gevolg as die kapitaalvervangings-
program en produsente het bekalking na ‘n meer genormaliseerde
seisoen uitgestel.
Die droogte het ‘n ernstige impak gehad op die resultate van Senwes
Grainlink, wat ‘n verlaging van 26% in volumes tot gevolg gehad het.
Markaandeel in die silobesigheid het egter vergroot, nieteenstaande
verhoogde mededinging in ‘n krimpende mark. Village het ‘n netto wins van R80 miljoen gedurende 2013/2014
gelewer, wat 30,8% van die totale wins uit bedryfsaktiwiteite
verteenwoordig.
28