Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 32

Verklaring van vooruitskouing Bedankings Sekere verklarings wat in hierdie verslag gemaak word, is nie op historiese feite gebaseer nie, hou verband met analises en ander inligting wat gegrond is op die voorspelling van toekomstige resultate wat nog nie bepaal kan word nie en wat verband hou met, onder andere, nuwe besigheidsvolumes, opbrengs op belegging (insluitend wisselkoersfluktuasies) en aktuariële veronderstellings. Hierdie verklarings kan ook verband hou met ons toekomsvooruitsigte, ontwikkelings en besigheidstrategieë. Dit is vooruitskouingsverklarings soos gedefinieer in die “United States Private Securities Litigation Reform Act of 1995”. Woorde soos “glo”, “antisipeer”, “waarskynlik”, “voorspel” “beoog”, “strewe”, “sal”, “beplan”, “kan”, “mag”, “poog”, “projekteer” en soortgelyke uitdrukkings het ten doel om sodanige vooruitskouingsverklarings te identifiseer, maar is nie eksklusief die wyse waarop sodanige verklarings geïdentifiseer word nie. Vooruitskouingsverklarings behels inherente risiko’s en onsekerhede en sou een of meer van hierdie risiko’s realiseer, of indien onderliggende veronderstellings korrek blyk te wees, kan werklike resultate wesenlik van die verwagte resultate verskil. Vooruitskouingsverklarings is slegs van toepassing vanaf die datum waarop dit gemaak word en Senwes is nie verplig om enige verklaring aan te pas of op te dateer weens nuwe inligting, toekomstige gebeure of enige ander rede nie. Die sukses van Senwes as ‘n Maatskappy is afhanklik van die sukses van diegene aan wie die leierskap daarvan toevertrou is en in die verband bedank ek graag die bestuurspan en personeel van Senwes wat ons gedurende die jaar ondersteun het. Ek is ook dank verskuldig aan die Direksie vir hul wysheid en duidelike visie vir die rigting waarin die Groep beweeg. Ek is ook opreg dankbaar dat ons goed op pad is na 2020 en vir ons personeel, vennote en aandeelhouers wat ons visie ondersteun. Alle erkenning vir die Genade van ons Hemelse Vader in al ons besigheidsondernemings. .................................... Francois Strydom BESTURENDE DIREKTEUR Klerksdorp 27 Junie 2014 Senwes Uitvoerende Komitee, van links na regs: Martin van Zyl – Assistent Hoofbestuurder IT | Corné Kruger – Finansiële Direkteur | Dirk Opperman – Hoof Interne Ouditeur Frans du Plessis – Besturende Direkteur Hinterland | Joe Maswanganyi – Hoofbestuurder Korporatiewe Dienste Francois Strydom – Besturende Direkteur | Elmarie Joynt – Groep Maatskappysekretaris | Wikus Grobler – Assistent Hoofbestuurder Groep Finansies en Tesourie | Gerrit van Zyl – Hoofbestuurder Credit | Johan le Grange – Hoof Korporatiewe Finansies Pieter Esterhuyzen – Hoofbestuurder Grainlink 30