RISIKO- EN
VOLHOUBAARHEIDS-
ASPEKTE OP
DIREKSIEVLAK
Die volhoubaarheid van die Groep oor die lang termyn bly die
belangrikste aspek en die Direksie het derhalwe ‘n langtermyn-
siening in dié verband. Die strategie bestaan uit vier pilare en
word deurlopend gedaag. Die Direksie het ook met die uitrol van
‘n “ná 2020”-strategie begin.
Ten einde volhoubaarheid en die voortbestaan van die Groep as
lopende saak te verseker, werk die Direksie en Bestuur nou saam
binne die grense van ‘n gedissiplineerde en spesifieke interne
beheeromgewing, IT-beheerraamwerk en nakomingsraamwerk.
Nakoming van wetgewing
Die Direksie aanvaar volle verantwoordelikheid vir die nakoming
van alle toepaslike wetgewing en regulatoriese vereistes. Dit
word gerapporteer via die interne Nakomingskomitee en daarna
aan die Risikokomitee sowel as die Ouditkomitee. Gefokusde
aandag word geskenk aan nakomingsaspekte regdeur die
Maatskappy en ‘n saamgestelde sekerheidsmodel is ontwikkel
deur die Interne Oudit-, Risikobestuurs- en Nakomingsafdeling.
IT-beheer
Lopende saak
Alle feite en aannames word deur die Direksie op rekord geplaas
ten einde te bepaal of die besigheid sal voortgaan as lopende
saak in die nuwe finansiële jaar.
Beleggerverhoudings
Die verhandeling van Senwes aandele word elektronies gedoen,
binne die raamwerk van toepaslike wetgewende bepalings.
Senwes verskaf en hou ‘n onafhanklike oor-die-toonbank-
aandeelverhandelingsmeganisme (OTC-meganisme) in stand.
Die markprys van die Senwes aandeel word bepaal deur
verhandeling op die OTC-meganisme, wat ‘n gesonde prys-
bepalingsmeganisme verskaf.
Aandeelhouers het elektroniese toegang tot inligting met
betrekking tot hul aandele en kan hulle stemreg op dié platform
uitoefen.
AANDEELHOUERS-
INLIGTING EN -SAKE
Soos voorheen aangedui het die aandeelhouerstruktuur
gedurende die jaar verander en beide hoofaandeelhouersblokke
is verbind tot die Groep met ‘n langtermynbeleggersiening met
betrekking tot groei en die ontsluiting van sinergieë, terwyl hulle
bystand verleen met konsolidasie in die landbousektor.
Die Direksie verseker die aktiewe bestuur van die IT-
beheerraamwerk deur ‘n span IT-bestuurslede as integrale
deel van die risikobestuursraamwerk wat, onder andere, aan
die IT-Stuurkomitee rapporteer. Die strategie en prestasie
van Senwes is belyn met en afhanklik van hierdie ten volle
geïntegreerde strukture en stelsels. Uitgebreide besigheids-
en IT-rampherstelprosesse is gevestig. Die eksterne ouditeure
fokus jaarliks op die IT-omgewing as deel van die jaareindoudit.
Aandeelhouersdagboek
Finansiële jaareinde 30 April 2014
Aankondiging van resultate
in media 02 Julie 2014
Indiening van volmagte 27 Augustus 2014 teen 09:00
Algemene Jaarvergadering 29 Augustus 2014 om 09:00
Die omvattende Korporatiewe Beheerverslag
en verdeling van aandeelhouers is
beskikbaar op www.senwes.co.za.
25