DIE ROL EN FUNKSIE VAN MAATSKAPPYSEKRETARIS
DIE VOORSITTER
Die Voorsitter is ʼn nie-uitvoerende direkteur wat jaarliks deur die
Direksie aangewys word. Mnr Danie Minnaar is die Voorsitter en
het die direksiekomitees bemagtig om die uitgebreide pligte van die
Direksie te hanteer.
Die rolle van die Voorsitter en Besturende Direkteur is geskei. Die
Voorsitter word ondersteun deur die Ondervoorsitter, mnr Steve
Booysen, wat ook Voorsitter van die Oudit- en Beleggingskomitee is.
DIE ROL EN FUNKSIE
VAN DIE BESTURENDE
DIREKTEUR EN
UITVOERENDE KOMITEE
Die Groep se daaglikse beheer- en bestuursfunksies word deur die
Besturende Direkteur hanteer.
Die pligte van die Besturende Direkteur is die uitvoering van die
strategieë en beleide, soos goedgekeur deur die Direksie, die
bestuur van die besigheid en die uitvoering van die instruksies van
die Direksie. Die Besturende Direkteur word ondersteun deur ‘n
bestuurspan van 10 lede, wat die Uitvoerende Komitee vorm.
KOMITEES
Funksies en mandate
Die Direksie het verskeie komitees aangewys wat effektiewe besluit-
neming fasiliteer en die direksie bystaan in die uitvoering van sy
pligte en magte. Die komitees funksioneer op ‘n deursigtige wyse en
rapporteer gereeld aan die Direksie. Die magte en uitvoering van die
verantwoordelikhede van elke komitee is vervat in formele, geskrewe
mandate wat jaarliks deur die Direksie goedgekeur word.
Huidige direksiekomitees is soos volg:
• Ouditkomitee;
• Vergoedingskomitee;
• Risikokomitee;
• Sosiale en Etiese Komitee;
• Nominasiekomitee; en
• Beleggingskomitee.
Die Voorsitters van hierdie komitees doen formeel verslag in terme van
hul mandate en verseker behoorlike uitvoering van hul pligte.
24
Die Maatskappysekretaris staan die Direksie by in die nakoming
van sy verantwoordelikhede en verpligtinge. Nuut aangestelde
direkteure gaan deur ‘n toepaslike induksieproses, aangebied deur
die Maatskappysekretaris, wat verskeie elemente bevat.
Kragtens die bepalings van die Maatskappywet, hou die Maatskappy-
sekretaris toesig oor wetgewende nakoming regdeur die Groep.
Toepaslike strukture is gevestig om nakoming van wetgewing te
verseker.
Toegang tot inligting
Die Groep voldoen aan die Wet op Toegang tot Inligting, 2000 en ‘n
handleiding is op die Groep se webblad beskikbaar.
Lede het ook toegang tot die aandeleregister, notules van aandeel-
houersvergaderings en inligting met betrekking tot verskeie
Maatskappysake. Enige navrae kan aan die Maatskappysekretaris
as Hoof Inligtingsbeampte gerig word.
Die Direksie word gerig
deur korporatiewe beste
praktyke soos vervat in die King
verslag oor Korporatiewe
Beheer (King III).