Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 25

DIE DIREKTEURE Die bestuur van die Groep volgens gesonde korporatiewe bestuurspraktyke is deurlopend van toepassing. Die Direksie bestaan uit 13 direkteure en alhoewel onafhanklike nie-uitvoerende direkteure nie in die meerderheid is nie, is hulle in ‘n uitstekende posisie om die Groep te rig vir die toekoms. In dié verband voldoen ons nie tans aan die beginsel van meerderheidsonafhanklikheid nie, maar Senwesbel Beperk, die beherende aandeelhouer met ‘n 51% belang in die Maatskappy, saam met Grindrod Trading Holdings, wat ‘n 20% belang besit, is nie net gefokus op die volgehoue volhoubaarheid van die Groep waar- binne hulle moet deelneem aan ‘n vrye wêreldmark- ekonomie nie, maar ook op die langtermynbestaan van produsente in ‘n hoogs mededingende bedryf. Die aanstelling van sterk, onafhanklike nie-uitvoerende direkteure op die Direksie en die balans van ‘n sterk bestuurspan, verseker dat geen individu onbehoorlike invloed op die onafhanklike besluitnemingsproses van die Direksie kan uitoefen nie. Senwes Beheerraamwerk Rol van die Direksie Raadsvergaderings Direksiestruktuur Raadsagenda Rol van individuele Direkteure Raadsdokumentasie Rol van die Direksie Raadsnotules Jaarlikse werksplan Rol van die Besturende Direkteur Komitees Definiëring van Beheerstrukture Verbetering van Direksieprosesse Deurlopende verbetering Belangrike direksiefunksies Beskerming van direkteure Formulering van strategie Prestasiemonitering Direksie-evaluasie Rapportering & kontroles Direkteursvergoeding Direkteursontwikkeling Verkiesing en induksie van direkteure Wetgewende nakoming Risikobestuur & definiëring van risiko-aptyt IT Reservering van magte Die volgende direkteure het gedurende die jaar by die Direksie aangesluit: Name Aanstellingsdatum Mnr Khutso Mampeule 25 Junie 2013 Me Ruwayda Redfearn (alternatiewe direkteur Mnr Alan Olivier) 5 September 2013 Mnr Tom van Rooyen 29 November 2013 Direkteure word genomineer en verkies deur aandeelhouers en voorsiening is gemaak vir ‘n deursigtige rotasieproses. Die prestasie van die Direksie, direkteure en strukture word jaarliks krities geëvalueer. ‘n Formele evalueringsproses het weer in April 2014 afgeskop. Geskrewe mandate en magte is in plek gestel deur die Direksie, in terme waarvan sekere magte spesifiek vir die Direksie gereserveer is. Die lede van die Direksie is ernstig oor die sake van die Groep en die bywoning van vergaderings is goed. Persoonlike belange van direkteure word gemonitor en gerapporteer. Formele verklaring van belange is ‘n staande item op die agendas van die Senwes Direksie en gesamentlike ondernemingsmaatskappye. Aandeelverhandeling word gedoen volgens ‘n formele Gedragskode vir die Verhandeling van Aandele in die Groep. ‘n Geslote periode vir die verhandeling van aandele was van toepassing sedert Augustus 2013, hangende sekere strategiese transaksies en verwante sake. Vergaderingsbywoning, persoonlike belange en aandeel- verhandeling van direkteure word in die omvattende Korporatiewe Beheerverslag gerapporteer, wat beskikbaar is op Senwes se webblad. 23