Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 24

Verkorte Korporatiewe Beheerverslag E S KORPORATIEWE BEHEERSTRUKTURE EN -PRAKTYKE Die Direksie word gerig deur korporatiewe beste praktyke soos vervat in die King verslag oor Korporatiewe Beheer (King III). Hierdie gesonde beginsels word deurlopend in ag geneem in alle besluitnemings- en implementeringsprosesse. SENWES BEPERK AANDEELHOUERSTUKTUUR Senwes Capital (Edms) Bpk Senwesbel Bpk 6.36% AANDEELHOUDING Die aandeelhouerstruktuur het gedurende die jaar verander, wat tot ‘n groot mate die samestelling van die Direksie bepaal. Die struktuur is soos hier langsaan uiteengesit: 51.09% Grindrod Trading Holding (Edms) Bpk 20% 16.33% Die volgende is van toepassing ten opsigte van beduidende korporatiewe beheer en beste bestuurspraktyke: 6.22% Senwes Produsent Aandeelhouers Publieke Aandeelhouers DIE DIREKSIE Na kritiese evaluering van die Direksie se rol met betrekking tot die verskaffing van strategiese leiding aan die Senwes Groep gedurende die jaar, word bevestig dat die Direksie sal voortgaan om te fokus op die wesenlike aspekte wat die volhoubaarheid en groei van die Groep sal bevorder. Die 2020-visie bly ‘n belangrike fokusarea vir die Direksie, binne die bestuurs- en risikobestuursraamwerke wat binne die daargestelde volhoubaarheidsplatforms vasgelê is. 22 Die rol van die Direksie, sowel as die rol van ander belang- hebbendes, insluitend die beheerstrukture van filiale en vennote in gesamentlike ondernemings, word gereeld in oënskou geneem op verskeie vlakke van beheer en verbintenis daartoe word telkens bevestig. Die funksies en rol van elkeen is duidelik gedefinieer en vervat in die Direksiehandves.