R (Ruwayda) Redfearn
Direkteur sedert September 2013
Kwalifikasies: B.Com (Hons), GR (SA)
Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko
Ander belangrike direkteurskappe: Grindrod Trading Holdings (Edms) Bpk en ander
maatskappye in die Grindrod Groep.
Me Redfearn is die Hoof Finansiële Beampte van Grindrod Trading sedert Oktober 2012. Sy
was voorheen werksaam by Deloitte as, onder andere, vennoot en besigheidseenheidleier en
is na Deloitte in New York kantoor gesekondeer.
TF (Tom) van Rooyen
Direkteur sedert November 2013
Kwalifikasies: BSc. (Landbou), Hons. in Landbou-ekonomie
Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko
Ander belangrike direkteurskappe: Senwesbel Bpk
Mnr van Rooyen het uitgebreide boerderybelange op verskeie plase in die Potchefstroom/
Ventersdorp gebied vir die afgelope 22 jaar. Hy het ook sy boerderybelange uitgebrei na
kommersiële en residensiële eiendom. Mnr van Rooyen was ‘n finalis in die Graanprodusent
van die Jaar-kompetisie in 2010.
WH (Thabo) van Zyl
Direkteur sedert Augustus 2012
Kwalifikasies: B.Sc Agric (Landbou-ekonomie)
Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko en Sosiale en Etiese
Ander belangrike direkteurskappe: Senwesbel Bpk.
Thabo verwerf sy BSc Agric-graad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria in
1997. Hy het in 2001 saam met sy pa begin boer. Mnr Van Zyl dien op die direksie van Thuso
Meule sedert 2001.
EM (Elmarie) Joynt
Maatskappysekretaris
Aangestel in 2002
Kwalifikasies: B.Com(Regte), LLB, FCIS, FCIBM, Prokureur en Notaris van die Hoër Hof
Ander belangrike direkteurskappe: Trustee van Kotulo Trust (Senwes BBSEB Trust),
Maatskappysekretaris en Hoof Regsadviseur van die Senwes Groep.
Me Joynt het haar loopbaan as ekonoom by die Registrateur van Koöperasies begin, waarna sy
as kommersiële prokureur gepraktiseer het. Sy het ook die pos van groep maatskappysekretaris
en regsadviseur by verskeie ondernemings in die landbou- en finansiële sektore beklee, voordat
sy in 2002 by Senwes aangesluit het. Sy is betrokke in die kommersiële, landbou- en regsektore
vir die afgelope 21 jaar. Sy is die Senwes sleutelindividu (FAIS), nakomingsbeampte en is ‘n
lid van die Toelatingskomitee van die Instituut van Geoktrooieerde Maatskappysekretarisse en
Administrateurs (ICSA).
21