Senwes Integrated Reports Senwes 2013/2014 Geïntegreerde Jaarverslag | Page 22

CF (Corné) Kruger Finansiële Direkteur Aangestel in 2010 Kwalifikasies: B.Com (Hons), GR (SA) Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko Ander belangrike direkteurskappe: Direkteur van verskeie maatskappye in die Senwes Groep en ander verwante besighede. Mnr Kruger is as Finansiële Direkteur aangestel op 26 Augustus 2010. Hy het in 1999 aangesluit by Senwes en verskeie posisies beklee alvorens hy aangestel is as Finansiële Direkteur. Hy het sy loopbaan by PWC as ouditeur begin. NDP (Nico) Liebenberg Direkteur sedert Augustus 2008 Kwalifikasies: B.Com (Hons), M. Volhoubare Landbou Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko (Voorsitter), Vergoeding (Voorsitter) en Oudit Ander belangrike direkteurskappe: Senwesbel Bpk. Mnr Liebenberg boer sedert 1991 in die Bothaville-distrik. Hy het ‘n gediver-sifiseerde boerdery gevestig en is, onder andere, een van die verskaffers van groente aan ‘n bekende kleinhandelsgroep. KI (Khutso) Mampeule Direkteur sedert Junie 2013 Kwalifikasies: BA (Bedryfsielkunde), MSc, MBA Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko Ander belangrike direkteurskappe: Lefa Group Holdings (Edms) Bpk, Comair Bpk, Mampeule Property Investments (Edms) Bpk, Instituut van Direkteure van Suidelike Afrika, Truworths Internasionaal Bpk, KWV Beherend Bpk. Mnr Mampeule hou verskeie uitvoerende en nie-uitvoerende direkteurskappe in die lugvaartsektor. Hy is ‘n voormalige Voorsitter van Capevin Bpk en was Groep Uitvoerende Beampte van die Poskantoor. Hy is tans die Uitvoerende Voorsitter van Lefa Groep Beherend, ‘n beleggingshouer- en adviesdienstemaatskappy, gestig deur mnr Mampeule. Hy dien op verskeie direksies binne die Groep. Mnr Mampeule sal op die algemene jaarvergadering op 29 Augustus 2014 uittree en sal nie beskikbaar wees vir herverkiesing nie. JJ (Jaco) Minnaar Direkteur sedert Augustus 2011 Kwalifikasies: B.Ing (Landbou) Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko en Vergoeding Ander belangrike direkteurskappe: Senwesbel Bpk. Mnr Minnaar is al sedert 2000 betrokke by verskeie georganiseerde landbou- bestuurstrukture, wat verskeie beleidskomitees van Agri SA insluit. Hy dien sedert 2004 op die Uitvoerende Komitee van Vrystaat Landbou en vir die afgelope vier jaar is hy ook deel van Graan Suid-Afrika se bestuurspan. Hy is ook ʼn lid van onderskeidelik die Ouditkomitee en die Uitvoerende Komitee van Graan Suid-Afrika. 20