SF (Steve) Booysen
Onafhanklike Ondervoorsitter
Direkteur sedert Oktober 2010
Kwalifikasies: B.Com (Rek), GR (SA), PhD Handel
Lidmaatskap van direksiekomitees: Oudit (Voorsitter), Belegging (Voorsitter), Nominasie en
Vergoeding
Ander belangrike direkteurskappe: Efficient Groep Bpk, Steinhoff Bpk, Clover Bpk SA,
Vukile Properties Bpk, Songhai Capital (Edms) Bpk.
Dr Booysen was die Hoof Uitvoerende Beampte van Absa Bpk vir baie jare en is nou betrokke
in die finansiële sektor. Hy het ‘n passie vir kulturele aktiwiteite en is die Voorsitter van die
Aardklop Kunstefees.
ZBM (Zarina) Bassa
Direkteur sedert Junie 2011
Kwalifikasies: B.Com (Rek), Hoër Diploma (Rekeningkunde), GR (SA)
Lidmaatskap van direksiekomitees: Oudit en Vergoeding
Ander belangrike direkteurskappe: Finansiële Dienste Raad, Vodacom Bpk, Yebo Yethu Bpk,
Kumba Iron Ore Bpk, Lewis Groep Bpk, Sun International Bpk, Woolworths Financial Services
Bpk, Oceana Bpk, Universiteit van Stellenbosch Besigheidskool.
Me Bassa het uitgebreide ervaring as vorige Uitvoerende Direkteur van Absa en vennoot
by Ernst & Young Ingelyf. Sy is tans die Uitvoerende Voorsitter van Songhai Capital, ‘n
beleggingsmaatskapy met swart meerderheidseienaarskap en -beheer.
JBH (James) Botha
Direkteur sedert Oktober 2009
Kwalifikasies: BLC.LLB en HDip (Belasting)
Lidmaatskap van direksiekomitees: Oudit, Sosiale en Etiese (Voorsitter)
en Vergoeding.
Mnr Botha het as kommersiële en korporatiewe prokureur gepraktiseer vir 15 jaar voordat
hy die korporatiewe wêreld betree het. Hy is tans ‘n senior regsadviseur by die Noordwes-
Universiteit se Institusionele Kantoor.
AJ (Dries) Kruger
Direkteur sedert Oktober 2007
Kwalifikasies: B.Compt (Hons), GR (SA)
Lidmaatskap van direksiekomitees: Sosiale en Etiese, Oudit,
Belegging en Nominasie
Ander belangrike direkteurskappe: Voorsitter van Senwesbel Bpk.
Mnr Kruger is ‘n geregistreerde ouditeur en rekenmeester, wat sedert 1976 in Kroonstad
praktiseer. Hy boer sedert 2005 op ‘n deeltydse basis saam met sy seun in die Senekal-
distrik. Hy het as raadslid en as burgemeester van die Stadsraad van Kroonstad gedien en
was ook ‘n trustee van die Vrystaat Munisipale Pensioenfonds. Hy is ook ‘n trustee van die
pensioenfonds van die Gereformeerde Kerke van SA.
19