Ontmoet
die Direksie
JDM (Danie) Minnaar
Voorsitter
Direkteur sedert September 1999
Kwalifikasies: B.Com
Lidmaatskap van direksiekomitees: Nominasie (Voorsitter), Belegging
Ex officio-lid van alle direksiekomitees
Ander belangrike direkteurskappe: Senwesbel Bpk
Gedien as ‘n Trustee van die Mielie Trust en het verskeie internasionale kursusse
bygewoon by Harvard en Stanford.
Mnr Minnaar boer sedert 1988 in die Kroonstad-distrik en is vir baie jare reeds deel
van die landbousektor. Hy is ‘n voormalige voorsitter van die Vrystaat Landbou-unie
Jongboerkomitee en was ook betrokke by die implementering en bevordering van
graanbemarking op Safex.
F (Francois) Strydom
Besturende Direkteur
Aangestel in 2010
Kwalifikasies: B.Sc Agric (Hons)(Veekunde)
Lidmaatskap van direksiekomitees: Risiko
Ander belangrike direkteurskappe: Noordwes-Universiteit en Agbiz (Landbou Besigheids
Kamer) en direkteur van verskeie maatskappye in die Senwes Groep en ander verwante
besighede.
Mnr Strydom is op 6 Augustus 2010 in dié posisie aangestel. Voor dit het hy die pos
van Direkteur: Bedryf sedert 2002 beklee. Hy het in 2001 by Senwes aangesluit en is
as Besturende Direkteur gesekondeer na die voormalige Kolosus Beherend. Hy het
sy loopbaan begin as Veekundige by AFGRI en is bevorder tot die pos van Direkteur:
Graan by AFGRI oor ‘n periode van 13 jaar.
18