Die vorming van vennootskappe lewer uitstekende resultate
en die versekeringsbesigheid, Certisure (‘n vennootskap met
NWK) sowel as die John Deere meganisasievennootskap in
die Oos-Kaap (JDI) verdien spesiale vermelding nadat nuwe
rekordresultate die afgelope jaar behaal is. Die Besturende
Direkteursverslag sal die strategiese ontplooiing van die Groep
in meer detail hanteer.
Die vermoë om sagte kommoditeite in en uit te voer word
toenemend belangrik en is noodsaaklik vir die volhoubaarheid
van die SA produsent. Groter belyning met ‘n vennoot wat oor
hierdie vermoë beskik was deel van Senwes se beplanning
en ‘n samewerkingsooreenkoms met Bunge, ‘n internasionale
verhandelaar in sagte kommoditeite, het die kapasiteit gevestig
ten einde ‘n groter markaandeel in die koring- en geelmieliemark
oor die afgelope twee seisoene te verkry.
Grindrod Trading het gedurende die jaar ‘n 20% belang in
Senwes bekom en nouer samewerking word in die vooruitsig
gestel. Grindrod beskik oor die infrastruktuur en batebasis wat
hom ‘n bewese rolspeler in die sagtekommoditeitswaardeketting
maak.
Na jaareinde het Senwes ook kennis geneem dat sy houer-
maatskappy, Senwesbel, ‘n transaksie met NWK Beherend
gesluit het. Dit bou ‘n groter beleggings- en beheerplatform,
sowel as die vermoë om nuwe groeigeleenthede gesamentlik
aan te pak. Die fokus sal nou wees om goedkeuring te kry vir
die transaksie deur beide Groepe se aandeelhouers, sowel as
instemming deur die betrokke regulerende liggame.
Resultate
Die Groep se genormaliseerde wesensverdienste het met
35,1% gedaal na 99,0 sent per aandeel, hoofsaaklik weens
die droogte. Die verdienste per aandeel is ook 14,8% laer teen
143,9 sent per aandeel. Senwes het gedurende die finansiële
jaar besluit om sy Afrikabedrywighede te herstruktureer.
Die wins van R129 miljoen na belasting uit die gesamentlike
besighede van Senwes en AFGRI het vergoed vir ‘n moeilike
bedryfsjaar en verskaf die nodige momentum vir ‘n jaar met
beter vooruitsigte.
en Senwes sal poog om sy lae graanvoorraadvlakke terug te
bou en die impak wat dié situasie meegebring het, te versag.
Voorts voorspel ‘n goeie volumejaar ook ‘n beter insetjaar en
verhoogde sakevertroue behoort spandering aan produksie-
insetmiddele en kapitaalgoedere te stimuleer.
Sosiale verantwoordelikheid
en volhoubare ontwikkeling
Dit vereis ‘n spesifieke vaardigheid van beide die produsent en
besighede in landbou om droogtesiklusse die hoof te bied en
om ná sodanige insidente so vinning moontlik vanaf die vorige
vlakke voort te bou. Senwes poog om sy betrokkenheid in die
gemeenskap te handhaaf, ongeag swakker siklusse en glo
aan langtermyn- en volhoubare sosiale ontwikkelingsprojekte.
Personeel se opleidingsbegrotings word ook grootliks gehandhaaf
ten einde die nodige diepte en vaardigheidsontwikkeling van die
talent en leiers van môre te verseker.
Bestuurspan en die Senwes
waardesisteem
Die waardesisteem van die organisasie is meer sigbaar in
moeiliker tye en Francois Strydom en sy span het leierskap
gedemonstreer in ‘n jaar waar dit meer gereeld vereis was.
Die 2014 finansiële jaar was voorwaar ‘n jaar waarin karakter
gebou was!
Bedankings
Die Raad bedank elke belanghebbende wat die Senwes Groep
‘n voortgesette suksesmaatskappy maak. Ons erken graag die
rol van personeel; verskaffers; klante; besigheidsvennote en
die regering in die bou van ‘n volhoubare landboudienstegroep.
Ek is veral dankbaar vir die insette en wysheid van my mede-
raadslede en Ondervoorsitter. Die Maatskappy is voorwaar
geseënd en daarvoor dra ek al die eer aan my Hemelse Vader op.
Toekomsvooruitsigte
‘n Terugkeer na volhoubare groei word verwag. Na twee
droogtejare sien ons uit na ‘n meer genormaliseerde siklus
en goeie vooruitsigte vir die 2014/15 finansiële jaar. Die
Nasionale Oesskattingskomitee voorspel ‘n verhoging in
verwagte opbrengste per hektaar vir die meeste kommoditeite
....................................
Danie Minnaar
VOORSITTER: SENWES BEPERK
Klerksdorp 27 Junie 2014
17