Voorsittersverslag
Geagte Belanghebbende Makro-omgewing
Dit is vir my ‘n voorreg om vir die eerste keer as Voorsitter van
Senwes terug te rapporteer oor die prestasie van die Senwes
Groep vir die jaar geëindig 30 April 2014. Die handelsomgewing was hierdie jaar by uitstek die moeilikste
in die afgelope 8 jaar. ‘n Tweede opeenvolgende droogtejaar,
tesame met moeilike makro-ekonomiese elemente, het
landbouers binne die Senwes gebied nadelig beïnvloed. Laer
graanvolumes is gevolglik deur die silonetwerk van Senwes
hanteer en die produsent se spanderingspatroon ten opsigte
van kapitaalgoedere en insetmiddele is teruggesny en uitgestel
na volgende seisoene. Mededinging in die krimpende markplek
was fel en Senwes het bewus geraak van heelwat plaaslike
en internasionale maatskappye wie se modelle ten alle koste
markaandeel probeer beskerm en nagejaag het. Heelwat
irrasionele situasies het voorgekom en die mark kon nie hiervan
ontsnap nie.
U sal in hierdie geïntegreerde verslag terugvoering ontvang
met betrekking tot die 2014 finansiële jaar se prestasie, die
strategiese vordering en posisionering van die Groep, die
uitdagings van die omgewing waarbinne sake bedryf word, maar
veral ook insigte oor die volhoubaarheid en oorlewingsvermoë
van die Groep oor ‘n langer termyn.
Op pad na 2020
Senwes is omvorm na ‘n strategies gedrewe maatskappy en
bly hierop fokus ongeag die korttermynuitdagings van die
markplek. Ons samewerkingsinisiatiewe is op koers en met die
groter basis, sowel as goeie vennote, sal dit die volhoubaarheid
van die Groep oor die langer termyn verhoog.
Hinterland, die samevoeging van die kleinhandelsbesighede
van AFGRI en Senwes, met sy wyd verspreide batebasis en
sterk markposisie, verseker ‘n goeie basis van waar waarde
ontsluit kan word. Die besigheid sal nou fokus op integrasie en
optimalisering van die sakemodel.
Danie Minnaar
16
Senwes poog om sy
betrokkenheid in die
gemeenskap te handhaaf
ongeag swakker siklusse en
glo aan langtermyn
en volhoubare sosiale
ontwikkelingsprojekte.