Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 9

nuwe neigings en tegnologie in die landbou aanpas.” Minnaar sê Senwes se behoud in die 21ste eeu is dat sakeman- ne en onafhanklike direkteure holisties na die toekoms kyk. “Vandag kyk ons na die boer én die aandeelhouer. As die boer nie ’n bestaan kan maak nie, is die aandele niks werd nie, en as die maatskappy nie sy waarde uitbou nie, kan hy nie sy dienste en voordele aan die boer ver- beter nie. “Senwes bedien ook die breër landbouwaardeketting en nie net boere nie. Ons werk saam met meulenaars, boere en inset- verskaffers. Gevolglik het ons ’n strategiese besluit geneem om nie met ons klante mee te ding nie. Senwes boer nie self nie, maar hanteer die boer se pro- duk en wil dit vir hom makliker maak om sy boerdery te bedryf. “Eweneens ding ons ook nie met ons klante mee aan die af- neemkant nie. Ons sal dus nie ’n meule, hoenderaanleg of kuns- misaanleg begin nie. Ons tree op as ’n belanghebbende binne die waardeketting en maak dit vir ons klante makliker om hul produkte by die eindverbruiker te kry,” sê Minnaar. Senwes het in die afgelope 110 jaar by moeilike tye aange- pas. Die leierskap het verander en die bestuur het aangepas by die heersende toestande. “Dit is ons behoud,” sê Min- naar. “Ons stagneer nie en aan- vaar verandering.” DIENSLEWERING Leierskap is een ding, maar om regtig mense se lewens aan te raak, vereis ’n tasbare verskil en dade wat harder as woorde spreek. Senwes wil belanghebbendes in die bedryf, sy klante, aandeel- houers en vennote almal erken in sy strewe na sukses. “Indien jy holisties na besig- heid kyk, moet jy dadelik erken die staat speel ’n rol daarin. Dit behels alles van belasting tot wetgewing. Daarom moet ’n mens deurlopend met die staat kan skakel en ’n verhouding op- bou om dinge gedoen te kry,” sê Minnaar. “Ons aandeelhouers wil graag hul dividende op aandele sien groei. Jy moet egter ook jou klan- te se behoeftes in ag neem en dit vir hulle maklik en aantreklik maak om met jou sake te doen.” Minnaar en die res van Senwes se bestuur is ernstig oor werknemers se welstand en groeipotensiaal. “Ons werknemers is deel van ons visie. Baie van hulle is deel van ’n tweede of derde geslag wat by Senwes werk. Hulle sal nie aanbly as hulle nie die maatskap- py se vergoedingsbeleid, visie en waardes ondersteun nie. Die ver- goedingsbeleid is veranderlik en pas aan by die onderneming se werklikhede.” Maatskaplike projekte is ’n bron van groot vreugde en trots vir ál die betrokke partye, waaronder die Spinners-projek waarmee Senwes kinders van plaasskole en landelike ge- meenskappe deur krieket ophef. “Ons belê ook in die ontwik- keling van die dorpe waar ons sake doen. Min maatskappye, veral op die platteland, belê nog soos Senwes in nuwe geboue en infrastruktuur. “Niemand kan in hierdie ho- listiese benadering voorgetrek word nie. Ons kyk na almal se belange in ons waardeketting en voedingsgebied. Deursigtigheid en verantwoordbaarheid is baie belangrik sodat niemand agter- gelaat word nie,” sê Minnaar. ’n Groot span hou die Senwes- masjien se ratte geolie en het die afgelope 110 jaar saam gebou aan die diensleweringsgees en dryfkrag in die maatskappy. “Jy verkoop ’n leefwyse en waardeproposisie aan jou mense. Iets is óf reg óf nie. Ons is streng oor die toepassing van reëls en pas die waardes van Senwes nougeset toe, maar gee ook genoeg vryheid binne dié raamwerk sodat mense inisiatief aan die dag kan lê.” TRANSFORMASIE Minnaar sê Senwes ondersteun transformasie. “Senwes se eerste swart direk- teur het in 2006 in die direksie gedien. Intussen het mans en vroue van verskeie kultuur­ groepe in die direksie gedien. Ons het ook destyds ’n aandeel- houdingsooreenkoms van 25% aangegaan in die lig van swart ekonomiese bemagtiging. “Senwes tree vroegtydig op om sinvolle ingegrasie en trans- formasie te ondersteun en toe te pas. Ons wil ook die regte mense met die regte vaardighede insluit, nuwe talent ontwikkel en die vaardighede van die volgen- de geslag Senwes-leiers uitbou. Ons het ’n akademie begin om nuwe kandidate op te lei wat graag ’n lang pad saam met Senwes wil loop. “Ons werk ook saam met die staat om swart boere te help om sukses te behaal op die vrye mark,” sê Minnaar. STRUIKELBLOKKE Die Suid-Afrikaanse landboube- dryf was die afgelope 110 jaar meermale onder druk weens droogtes en die ekonomie. Min- naar sê egter daar is geleenthede in selfs die donkerste tye as jy reg geposisioneer is. “Tree vroegtydig op in die goeie tye en bou genoeg erva- ring op om neigings raak te sien. In die landbou moet jy ook ’n konserwatiewe benadering hê. As dit nie deel van jou DNS is nie, gaan die landbou jou uit- skud. Geleenthede ontstaan juis deur droogtes en teenspoed. “Vindingrykheid is belangrik. Senwes kan jou bystaan met verskeie markinstrumente om jou risiko’s te probeer beperk,” sê hy. Mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes. 17 Mei 2019 | Bylae tot Landbouweekblad | SENWES 110 9