Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Página 8

SENWES ‘Senwes is ’n leefwyse’ Die Senwes-hoofkantoor in Klerksdorp in Noordwes. Mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes, sê die vermoë om by verandering aan te pas, is een van Senwes se grootste bates. In dié artikel gee hy sy indrukke van die maatskappy se verbintenis met produsente en hoe hulle by ’n nuwe wêreld aangepas het. S enwes se verbintenis met die breër land- bouwaardeketting se- dert 1909 is ’n lang verhaal wat met oor- loë, droogtes, oorstromings en verskeie ekonomiese en politie- ke krisisse vervleg is. Mnr. Danie Minnaar, voor- sitter van Senwes, is ’n boer in murg en been en die vierde ge- slag in sy familie wat op hul plaas naby Kroonstad in die Vrystaat grootgeword het. Hy het die graad B.Com. verwerf. Dit het hom goed te staan gekom as ’n Senwes-direksielid en later as voorsitter – ’n posisie waarin hy boere se harte én die sakekant van ’n landboumaatskappy moes verstaan. Minnaar is sedert 1999 by die maatskappy betrokke. “Ek was destyds maar 34 jaar oud. Ek het geglo dat ek kon bydra tot vernuwende denke in ’n tyd toe Senwes groot veran- deringe ondergaan het.” 8 SENWES 110 Danksy twee dekades in die “loopgrawe” en later as “gene- raal” in die voorsitterstoel, het Minnaar ’n buitengewone per- spektief gekry op die verskillen- de groeistadiums en groot veran- derings wat Senwes intern, maar ook van buite af moes bestuur. Een daarvan was die omska- keling van ’n koöperasie tot ’n maatskappy en hoe Senwes sy klante moes saamneem om ’n nuwe era tegemoet te gaan. Minnaar sê die omskakeling van talle koöperasies tot land- boumaatskappye is tot voordeel van boere omdat dit beter diens- te, produkte en verantwoord- baarheid teenoor klante vereis om mededingend te bly. “Sommige koöperasies is des- tyds soms meer soos ’n klub be- stuur, maar die nuwe landbou- maatskappye wat die afgelope sowat twee dekades ontstaan het, het hulself op ’n spesifieke doel gerig. Daardie doel is om vir die klant waarde toe te voeg. As ’n landboumaatskappy dít nie doeltreffend kan doen nie, is daar nie plek vir hom nie. “Koöperasies het op omset- bonusse en lojaliteit staatge- maak, maar maatskappye as landbou-ondernemings vertrou op goeie diens. Klante kies nou met hul voete, nie net met lojali- teit nie. ’n Klant kies ’n betrokke maatskappy omdat dit vir hom en sy boerdery sin maak om met dié onderneming sake te doen.” In die grootste gedeelte van Senwes wil belanghebbendes in die bedryf, sy klante, aandeelhouers en vennote almal erken in sy strewe na sukses. | Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019 die 20ste eeu het die staat ’n vangnet geskep omdat hy die landbousektor belangrik genoeg geag het vir werkskepping en voedselsekerheid. Daardie voor- rangsake het egter verskuif en die landbou is nou meestal op homself aangewese. “Ons werklikheid is nou om die staat aan te moedig om veral vir opkomende boere ’n vangnet te skep en ’n volhoubaarheids- plan in werking te stel, want die vrye mark is wreed,” sê Minnaar. Oor subsidies en staatsonder- steunde hulpmiddels en dienste in lande met wie Suid-Afrika op die vrye mark meeding, maar wat Suid-Afrikaanse boere nie ontvang nie, sê Minnaar Suid- Afrikaners word in hierdie kon- teks gereken as van die beste boere ter wêreld. “Die entrepreneur doen alles wat hy kan om te oorleef en sukses te behaal, en ons boere slaag baie goed daarin. Met die voortslepende droogte stuur ons egter op ’n ramp af. Die staat móét toetree om die landbou- sektor te help. “Ons sal graag wil sien dat ’n staatsondersteunde droogte- rampversekeringskema waartoe boere kan bydra, gestig word. Dit kan beskerming bied teen katastrofiese droogtes en die verpletterende impak van na- tuurrampe help afweer.” VISIE EN LEIERSKAP Talle voorbeelde getuig van Senwes se leiding in die landbou- bedryf. Waarom is dit belangrik om veral in moeilike tye jou nek uit te steek? “Ek is al 20 jaar by Senwes be- trokke en wil die nodige erken- ning aan my voorgangers gee. Hulle het die visie gehad om ons deur ’n tydperk te lei waarin ons nog met osse geploeg en graan in sakke by ’n depot gelewer het, na ’n tydperk waarin ons trekkers van miljoene rande op die lande sien en graan in grootmaatvragte gelewer word. “Deesdae pas ons presisie- boerdery toe en berg graan in enorme silo’s op. Die onderbou was reg en met die regte leier­ skap kon Senwes telkens by