Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 7

somtotaal van ’n maatskappy soos Senwes gaan oor meer as net geld. Ons moet strategies ge­ rat wees om praktiese oplossings aan klante te verkoop en waarde te bied aan aandeelhouers. “Waardetoevoeging behels ook om die regte advies te gee. Transaksies met klante gaan nie net oor die diens of produk wat ons verkoop nie, maar ook die vermoë om ’n oplossing te bied.” POSITIEF NÁ 110 JAAR Wat verg dit om ’n maatskappy te lei wat al 110 jaar lank suk­ sesvol in die landbou sake doen? Strydom sê almal in die maat­ skappy het ’n belangrike rol. “Dit staan sentraal tot ons sukses, en maak nie saak waar jy in die hiërargie pas nie. Die skoonmaker, sekretaresse en uit­ voerende hoof vertolk almal ’n rol wat elke ander personeellid se lewe en werk raak en dus ook dié van ons klante. “Ons moet ook die ooreen­ komste sien wat ons met mekaar het; daardie dinge wat vir ons almal belangrik is. Geld alleen kan nie ons dryfveer wees nie. Daar moet geesdrif wees vir die lewe en vir wat jy daagliks by die werk doen. Ons word gemoti­ veer deur die geesdrif vir wat ons doen en wie ons is. As jy weet wie jy is, is dit soveel makliker om strategiese helderheid in die maatskappy te vind.” Strydom verwys ook na die belangrikheid van menswaardig­ heid en om vir mekaar om te gee. Senwes onderskryf dus Agri SA se veldtog dat Suid-Afrikaners boere kan ondersteun deur te braai. Strydom sê hierdie veld- tog sal ook uitgebrei word om nie net plaaslike vleisprodusen­ te te ondersteun nie, maar ook hoender- en aartappelboere en elke ander produk wat boere hier verbou. “Kom ons help om boere se moeilikheid weg te braai! Dit is ’n praktiese en lekker manier om die produkte wat hulle op eie bodem produseer, te gebruik en só die mark te stimuleer. As ons daarin kan slaag om verbrui­ kers te laat verstaan hoekom dit belangrik is om plaaslike pro­ dukte bó ingevoerde produkte te kies en hoe ons waardeket- ting werk, kan ons ook werk­ loosheid teëwerk.” SAKELEIER Strydom inspireer ook ander sakelui en landbouleiers in sy rol as voorsitter van die land­ bousakekamer Agbiz. Danksy sy betrokkenheid by die Noord­ wes-Universiteit se sakeskool Talle moeilike vrae oor grondhervorming, ernstige beginselsake soos eiendomsreg en regstellende optrede en voorbeelde van suksesverhale is op dié beraad bespreek. word studente en toekomstige sakelui ook geïnspireer met sy kennis en ervaring. As sakeleier gebruik hy sy invloed om die gesprek oor die landbousektor oop te gooi vir produsente én verbruikers. Hiervoor het hy die Nasie in Ge- sprek-forum ontwerp en van meet af aan gedryf. Dié gespreksplat­ form bring verskillende vennote in die landbou, georganiseerde landbou, politici, meningsvor­ mers en gewone mense byeen om oor landbousake te gesels. Strydom wou deur middel van gesprek ’n brug bou tussen die “ons” en “hulle”, terwyl landbou- knelpunte sinvol bespreek word. “Ek het agtergekom die land­ bou praat net met die landbou en nie met die verbruiker nie. Dit was belangrik om die reg­ te onderwerpe te kies vir die Nasie in Gesprek-reeks, wat op Nampo gewildheid verwerf het, want ons wou met méér mense praat. ’n TV-reeks het hieruit ontwikkel en die vyfde reeks van Nasie in Gesprek word tans Mnr. Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes. 17 Mei 2019 | op kykNET uitgesaai. Intussen ding die TV-reeks ook mee met ander programme en kanale. Ons is daarop toegespits om die regte konteks en inhoud te skep wat die kyker op ’n interessante manier oor die landbou inlig.” PRAAT SAAM Tydens Landbouweekblad en Agri SA se grondberaad wat verlede jaar in Bela-Bela, Lim­ popo gehou is, het Strydom nie geskroom om Senwes se steun te gee nie. Die maatskappy was ’n hoofborg van dié groot gebeur­ tenis wat as die Kodesa van die landboubedryf beskryf is. Talle moeilike vrae oor grond­ hervorming, ernstige beginsel­ sake soos eiendomsreg en reg­ stellende optrede en voorbeelde van suksesverhale is op dié be­ raad bespreek. Van Suid-Afrika se hoogste regeringsamptenare en verteenwoordigers van land­ bou-organisasies het die verhoog gedeel met gewone boere om hul sienings te deel. Strydom het by die beraad gesê: “Dit is nie net die regering wat alles moet herstel nie. Ja, hulle het ’n groot rol om te speel, maar die land behoort aan almal van ons en daarom moet ons almal saam werk om die land se probleme op te los. “Jy sit óf by die tafel aan óf jy is op die spyskaart. Ons het besluit om aktief mee te werk om die toekoms te help beplan. Dit was nog altyd ons benadering in besigheid, en ook nou met dié saak. “Daar is sowat 60 miljoen mense in Suid-Afrika en almal van hulle is elkeen ’n direkteur van ‘SA Incorporated’. “Jy moet jouself afvra wat jóú strategie is om dié ‘maatskappy’ vorentoe te neem. “Is dit om van die kantlyn af kommentaar te lewer, of om deel te wees van ’n oplossing? Ék kies laasgenoemde.” Bylae tot Landbouweekblad | SENWES 110 7