Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 6

SENWES Mnre. Theo Vorster (gespreksleier) en Francois Strydom (uitvoerende hoof van Senwes) in die Nasie in Gesprek-ateljee tydens ’n paneelbespre- king verlede jaar op Nampo. FOTO: BRAND REPUBLIC Senwes-hoof: ‘Word só deel van die oplossing’ Die Senwes-groep het ’n geïntegreerde sakemodel waarvan voedselsekerheid in Suid-Afrika die doelwit is. Dié landboureus staan onder leiding van mnr. Francois Strydom, wat die maatskappy in sy 110de bestaansjaar op ’n klantgerigte pad van innovasie en aanpasbaarheid stuur. S enwes is ’n landbou- maatskappy wat met uitstekende winste in ’n sukkelende ekono- mie spog. Gevolglik verwag ’n mens dat die maat- skappy se uitvoerende hoof die aandeleprys of omset eerste sou stel. Maar volgens mnr. Fran- cois Strydom word leierskap en sukses in die landbousake- sektor nie net in die omvang en groei van die onderneming weerspieël nie. Die Senwes-groep se uitvoe- rende hoof praat graag oor sy visie vir ’n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners, maar hy is ook realisties oor die verskil wat hy en Senwes kan meebring. Strydom en Senwes se hele per- soneelkorps is bekend daarvoor 6 SENWES 110 dat hulle moue oprol en aan die werk spring. Die maatskappy se lang lys projekte op die platte­ land, opheffings- en opleidings- programme, en personeel se vrywilligerswerk geskied dik­ wels op die agtergrond. Dit word egter nooit as onbelangrik be- skou nie. “Om ’n verskil in mense se lewe te maak, is die hoogste eer,” sê Strydom. Hy sê gemeen­skappe word verander met groentetuine by skole en kriekettoerusting en re- kenaar- en tegnologiesentrums vir plaasskole. “Dit laat ’n mens trots, maar ook nederig.” Strydom sien ook nie die potensiaal vir buitengewone prestasie en medemenslikheid net in Senwes se personeel nie. “Ons het eendag van mnr. Seun Diphoko te hore gekom. As werklose het hy nie op sy hande gesit nie, maar draadkarre begin maak. “Op min of meer dieselfde tyd was daar ’n tragiese trein- ongeluk by Kroonstad waar twee 12-jarige seuns, Evert du Preez en Mokoni Chaka, helde­ dade verrig het om mense ‘Ons kon ook Senwes se visie uitdra, naamlik die belangrikheid daarvan om ’n verskil in mense se lewens te maak.’ | Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019 te help, selfs al het van die treinwaens gebrand. “Ons het hierdie twee ver- hale bymekaar gebring in ’n TV-advertensie om te wys hoe gewone mense ongewone dinge doen om van die land ’n beter plek te maak. Hulle het nie vir ’n oomblik geskroom om mense te help nie. “Ons het nie net die twee plaasseunhelde vereer nie, maar ook gehelp om Seun se draad- karonderneming te kommersia- liseer. Ons kon ook Senwes se visie uitdra, naamlik die belang- rikheid daarvan om ’n verskil in mense se lewe te maak.” WAARDEVOL Dit is belangrik vir Strydom dat Senwes altyd sy waardeproposi- sie en langtermynvisie klantgerig hou. Daarom gaan die maatskap- py talle vennootskappe en ge- samentlike ondernemings aan met ander maatskappye, soos John Deere Implemente (JDI). Só verseker die maatskappy dat hy sy verantwoordelikheid teenoor klante, aandeelhouers en die groter landbougemeen­ skap nakom. “As landboumaatskappy kan jy nie net ’n balansstaat in jou jaarverslag wys nie. Dit is maar net ’n resultaat en nie die dryf- veer agter wat ons doen nie. Die