SENWES
Die begin van
’n landboureus
Ter viering van Senwes se 110de
bestaansjaar in Mei 2019 word erkenning
gegee aan die visie en geesdrif van die
pioniers van dié eertydse koöperasie.
Hulle het die grondslag gelê vir die
maatskappy soos ons dit vandag ken.
S
enwes se geskiedenis
oor die afgelope 100
jaar is ’n voorbeeld
van die mens se ver-
moë om die gewone
te oortref en teenspoed in
geleentheid te omskep.
Só is geskryf in die voorwoord
van prof. Elize van Eeden se
boek Tyd kweek wenners – ’n
Eeu van landbou, wat in 2009
gepubliseer is ter viering van
Senwes se eeufees.
Die Centraal Westelijke
Co-Operatieve Landbouw Ver-
eniging, soos Senwes aanvanklik
bekend was, is hoofsaaklik ge-
stig met die oog op die ontvangs
en verhandeling van graan.
In Mei 1909 het 24 boere by
eengekom om die moontlike
stigting van ’n koöperasie in
die voormalige Wes-Transvaal
te bespreek.
Die stigting is voorafgegaan
deur ’n tydperk in die vroeë
1900’s toe die Suid-Afrikaanse
landbou-omgewing, veral die
graanbedryf, ná die Anglo-Boere-
oorlog ’n hupstoot nodig gehad
het. Die destydse Transvaalse
parlement het in 1908 die eer-
ste samewerkingswet aanvaar
om voorsiening te maak vir die
vestiging, registrasie en beheer
van koöperatiewe landbou-or-
ganisasies met onbeperkte aan-
spreeklikheid. Die skaarste aan
kapitaal in die landbou was die
hoofrede vir hierdie benadering.
In 1908 het die regering wet-
gewing oor koöperasies aanvaar,
waarskynlik om só ’n inisiatief
aan te moedig. Die doel was dat
boere selfonderhoudend moes
wees.
EERSTE DIREKTEURE
Van September 1908 af het die
eerste koöperatiewe kongres
momentum geskep vir die tot-
standkoming van landwye same
werking. Die superintendent,
wat reeds ná 1905 deur die rege-
ring aangewys is, het die koöpe-
ratiewe idee uitgedra.
Die vestiging van Senwes in
sy vroeëre gedaante het in Mei
1909 vorm aangeneem toe ’n
voorlopige grondooreenkoms
opgestel is. Die stigting van ’n
koöperasie is op 15 Mei 1909
bekragtig op ’n amptelike verga-
dering van ’n groter byeenkoms
by die Beurs in Klerksdorp.
Op 1 Junie van daardie jaar is
mnr. William Campbell tydens
die eerste direkteursvergadering
tot die eerste voorsitter van die
koöperatiewe landbouvereni-
ging verkies.
Die eerste sewe direkteure
wat deur middel van ’n gehei-
me stemming vir die Centraal
Westelijke Co-Operatieve Land-
bouw Vereniging verkies is,
was mnre. Campbell, Andries
Petrus Johannes Cronjé, Frans
Hermanus Stephanus Vermaas
(sr.), Daniel Petrus Kirstein, Jan
Lubbe, Robert Johannes Jooster
en Ockert Jonathan Botha (sr.).
Van die begin af was elk van
die direkteure vir spesifieke take
verantwoordelik. Een moes by-
voorbeeld gereeld met die Cen-
traal Agentschap, ’n regerings-
agentskap vir koöperatiewe
verenigings in Johannesburg,
skakel as die bemarkingsdeel
van koöperatiewe verenigings,
terwyl ’n ander direkteur oor die
funksionering van winkels moes
verslag doen.
Uit die notules van die eerste
jaar lei ’n mens af dat die direk-
sie soms moes reis om lede of
voornemende lede oral op plase
te besoek – iets wat in daardie
dae tydrowend en veel moeiliker
as vandag was.
Die stigting van die Centraal Westelijke Co-Operatieve Landbouw Vereniging, later Senwes, was toegespits
op die ontvangs en verhandeling van graan.
10
SENWES 110
| Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019
Kernbesprekings van Senwes
se direkteure het klem gelê op
lenings by banke om te kon
funksioneer en ontwikkel. Die
verkryging van lenings vir die
oprigting van geboue, winkels en
die toekenning van ’n voorskot
aan koöperatiewe lede was twee
ander belangrike sake wat op die
eerste direksievergadering as
voorrangsake bespreek is.
Die eerste belegging waarby
Senwes waarskynlik betrokke
was, was aandele wat in 1911 op-
geneem is in die Centraal Agent-
schap in Johannesburg teen
100 pond per aandeel.
GRAANHANDEL
Een van die belangrikste oog-
merke van die Centraal Agent-
schap was om mededinging
tussen koöperatiewe verenigings
te beperk of uit te skakel, veral
ten opsigte van graanverkope.
Dinge het intussen heelwat ver-
ander!
In 1913 het Senwes sy graan-
belange na die Oranje-Vrystaat
uitgebrei. Die eerste jaarverga-
dering vir die Vrystaat is in 1917
op Rendezvous (vandag bekend
as Viljoenskroon) gehou.
TOEKOMSBLIK
Dit was soms ’n stryd om boere
van die waarde van ’n koöpe-
ratief te oortuig, asook om na-
latige lede sover te kry om hul
skuld te betaal. Dié probleem is
meermale in jaarverslae sedert
1909 geopper. Nietemin het die
voorsitter altyd hoopvol gebly
oor die koöperasie se toekoms,
en daardie hoop het oor 110 jaar
nooit beskaam nie.
Soos mnr. Johan Dique, voor-
malige uitvoerende hoof van
Senwes, in die voorwoord van
die 100-jaar-gedenkboek sê:
“Terwyl ons erken dat produsen-
te vandag uitdagings van ’n an-
der aard in die gesig staar, moet
gesê word dat hulle ons voorsa-
te se beslistheid en vasberaden-
heid om te slaag, deel. Senwes
is bewus van ons land se uitda-
gings ten opsigte van voedselse-
kerheid, maar dan is dit veilig
om te sê ons is ewe bewus van
die snelle vooruitgang wat ons
ten opsigte hiervan maak.”