Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 11

Klein begin, groot gewin In sy 110de bestaansjaar het Senwes vanjaar baie mylpale om te vier, veral as die maatskappy se groei bekyk word. Die prestasies wat Senwes oor meer as ’n eeu beleef het, is in ’n groot mate danksy die volledige graanwaardeketting. S enwes het ontstaan vanweë die behoefte aan samewerking om graanhantering en saadverwerking op ’n groot skaal lewensvatbaar te maak in die voormalige Wes- Transvaal. Sedertdien het Sen- wes gegroei tot ’n volwaardige landboumaatskappy met ’n teen- woordigheid in agt provinsies. In 1931, sowat 22 jaar ná die maatskappy se stigting, het Senwes se graanontvangste vir die eerste keer meer as een mil- joen sakke beloop. Daarna is die produksielyn uitgebrei met grondbone, veevoer en eetbare olies, en het die maatskappy ook saadverwerkingsdienste aan die koöperasie se lede begin lewer. Die bestuur van lede se be- lange en die hantering van pro- duklewering is vanaf 1960 met die koms van metrisering en re- kenaartegnologie stelselmatig vergemaklik. Dekades later is Senwes steeds verbind tot die produk- tiewe benutting van tegnologie. ’n Volgende groot sprong vir Senwes was die silobouprogram wat in 1961 van stapel gestuur is. Deurlopende onderhoud en uitbreiding het in die dekades daarna gevolg. ’n Nuwe program is sedert- dien begin om die doeltreffend- heid van die silo-infrastruktuur binne drie jaar te verhoog. OMKEERSTRATEGIE In 1997 het Senwes van ’n land- boukoöperasie omgeskakel tot ’n maatskappy met ’n nuwe kor- poratiewe identiteit wat op die vrye mark meeding. Weens talle politieke faktore en klimaatsverandering was die eerste dekade van die nuwe era nie sonder probleme nie en het die maatskappy byna bankrot gespeel aan die begin van die 2000’s. ’n Drastiese omkeerstra- tegie het vanaf 2001 resultate begin toon. Dié verreikende strategie, herposisionering, welvaartskep- ping, swart ekonomiese bemag- tiging en ’n verandering in sy korporatiewe identiteit het ge- help om die maatskappy weer op koers te kry. Die transformasie vanaf die koöperatiewe tot maatskappy- gerigtheid is gerugsteun deur ’n groeistrategie waar die klem teruggeskuif het na insetverskaf- fing en marktoegang. Dié stra- tegie het tydens die maatskap- py se eeufeesviering in 2009 ’n rekordwins van R368 miljoen ná belasting opgelewer. Meer onlangs het Senwes in die boekjaar 2017-’18 die grootste mielieoes wat nóg in Suid-Afrika behaal is, gehanteer en opgeberg. Gegrond hierop het die wins ná belasting met 86% gestyg van R167 miljoen in 2017 tot R311 miljoen in 2018 se boekjaar. Mnr. Francois Strydom, uit- voerende hoof, het destyds in ’n mediaverklaring gesê die groep se resultate het vinnig herstel ondanks probleme in die inset- kanaal. “Wesensverdienste per aan- deel het met 87% gestyg en ’n Danksy Senwes Grainlink en Senwes Village het die maatskappy ’n teenwoordigheid in agt provinsies met 68 graansilokomplekse, 20 graanverkrygingskantore, 59 handelstakke, 54 vulstasies, 20 versekeringskantore en 26 meganisasiewerkwinkels. opbrengs op openingsekwiteit van 16% (9% in 2017) is be- haal. Ons kapitaalprogramme, wat daarop toegespits was om doeltreffendheid en dienslewe- ring van die silo-infrastruktuur te verhoog, lewer resultate. Die projek was op 30 April 2018 35% voltooi en sal in die vol- gende drie jaar verder versnel word.” WAARDEKETTING Oor die toekoms en groeipoten- siaal van boerderye meen mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes, dat die wêreldneiging van boerdery-eenhede wat al hoe groter word, ook in Suid- Afrika sal geld. Sogenoemde korporatiewe boerdery is nie meer ’n nuutjie nie, en ook aan die verkrygingskant is die nei- ging dat maatskappye eerder groter word. “Ons gaan nie daarteen veg nie en sal eerder daarby aanpas. Dit is belangrik dat Senwes hom- self posisioneer om alle klante in die waardeketting, groot en klein, beter by te staan met toe- gevoegde waarde op die dienste wat ons lewer. “Dit sal ook toenemend be- langrik wees om saam met die regering te werk om meer swart 17 Mei 2019 | kommersiële boere te vestig en te ondersteun,” sê Minnaar. WERKSKEPPING Groei en ontwikkeling in die sowat 145 gemeenskappe waar Senwes sake doen, is van groot belang vir Strydom. “Op talle van daardie dorpe is Senwes die grootste werkge- wer. Dit maak vir ons saak wat in dié gemeenskappe gebeur. Ons wil lewens verreik. Daar- om belê ons graag in gemeen- skapsprojekte, soos die Senwes Spinners-krieketontwikkelings- program by plaasskole.” Senwes ondersteun ook veld- togte om groei in die landbou te help stimuleer en ondersteun Agri SA se oproep om “die boere se probleme weg te braai”. “Ons moet die belangrikheid van die produksie en aankoop van plaaslike goedere pleks van die invoer en aankoop van bui- telandse produkte beklemtoon. “Die landboubedryf speel ’n deurslaggewende rol in werk­ skepping in elke aspek van die waardeketting – van die plaas tot op die tafel – en het ’n reuse-im- pak op die fiskus,” sê Strydom. “Die landbou is die hoeksteen van enige suksesvolle ekono- mie.” Bylae tot Landbouweekblad | SENWES 110 11