Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 12

SENWES Struikelblokke in die eerste eeu K In die eerste honderd jaar van Senwes se bestaan moes die maatskappy verskeie probleme oorkom, waaronder vernietigende natuurrampe, droogtes, oorloë, korporatiewe veranderinge en politieke kwessies. ort nadat Senwes in 1909 ontstaan het, moes die maatskappy van sy eerste groot struikelblokke oor- kom. Ná die Rebellie van 1914 en die Eerste Wêreldoorlog van 1914 tot 1918 moes Senwes se direkteure hard werk om som- mige lede te paai wat wou hê die koöperasie moes gelikwideer word. Die meerderheid lede se geloof in die voortbestaan van die koöperasie het egter vrugte afgewerp. Tydens die Depressiejare ná 1929 moes Senwes vir die eer- ste keer maatreëls instel om te voorkom dat die swak finan­siële situasie tot soortgelyke omstan- dighede lei, waar lede vir likwi- dasie sou stem. Sommige afwaartse neigings was kommerwekkend, onder meer dat 227 lede in 1933 be- dank het. Terselfdertyd is som- mige werknemers by depots en die hoofkantoor afgedank. In die 1977-’78-boekjaar het lede­skuld met 14% gestyg en in die daar­op­volgende boekjaar met 17%. Dit het toe R93 275 165 beloop. Om te oorleef, is strenger kredietvoorwaardes ingestel. In 1984 het Senwes sy 75ste bestaansjaar gevier, maar te mid- de van die feesvieringe was daar die ontluikende, onderdrukken- de ekonomiese omstandighede waarin jare van erge droogte ’n deel van boere se bestaan sou word. Swak resultate vir die 1983-’84-boekjaar het ook die personeel geraak. Hoewel kern­aanstellings steeds gemaak is, was die meeste poste gevries. Teen 1985 het Senwes se per- soneellede verminder tot 5 343, wat 1 488 minder is as die 6 831 personeellede in 1982. TRANSFORMEER NUWE MILLENNIUM Suid-Afrika se demokratisering in 1994 was belangrik vir die landboubedryf. Vir die eerste keer in dekades is die Suid-Afri- kaanse ekonomie aan interna­ sionale mededinging blootgestel. Landboubeheerde instellings is ontbind en Senwes het hom in die vryemarkstelsel bevind. In 1997 is Senwes as ’n maatskappy geregistreer en die maatskappy het sy sakefilosofie en kernwaardes hersien. Terwyl die voorafgaande tien jaar gekenmerk is as die moei- likste en onsekerste dekade in Senwes se geskiedenis, was die volgende 11 jaar – van 1998 tot 2009 – bekend om sy indruk- wekkende poging tot verdere transformasie met die oog op sy voortbestaan. In 1999-2000 het Senwes se nywerheidsportefeulje groot ver­­liese gely, en die gebrek aan bestuursinligting het veroorsaak dat kernsake nie genoeg aandag gekry het nie. Rentedraende lenings het tot meer as diensbare vlakke gegroei, en kontantvloei is ongunstig beïnvloed. Aandeelhouers was pessimis- ties omdat daar geen sekerheid oor Senwes se voortbestaan was nie. Die vryemarkomgewing het momentum gekry en daar was groot mededinging om die maatskappy. Senwes het markaandeel be- gin verloor. In 2000 het aandeel- houers daarop aangedring dat die hele direksie moet bedank. Slegs die voorsitter, mnr. Japie Grobler, is tot die nuwe direksie herkies. In 2001 het die maatskappy ’n verlies van R468 miljoen gely. Drastiese stappe was nodig om die maatskappy in ’n nuwe rigting te stuur. Dié taak is ge- plaas op die skouers van die nuwe besturende direkteur, mnr. Johan Dique. Net drie jaar later, in 2004, is ’n wins van R56 miljoen aangekondig. Die maatskappy het net van 2000 tot 2002 geen wins gemaak nie. Dit was weens verliese van sommige van sy filiaalmaatskap- pye, skuldafskrywing van sy be- leggings in sommige filiale, ’n groot afskrywing van debiteure­ skuld, sowel as regstellings van die begin van die omkeerfase af. Die strategie om probleme op te los het vrugte afgewerp. Dit het daartoe gelei dat Senwes sy produsente besoek, inlig en aan- moedig om hul jaarlikse finan- siële beplanning vroegtydig te doen. Die maatskappy het ver­ skeie lesse uit die verlede geleer en aanpassings gemaak, en ’n blink toekoms lê voor. NOODPLANNE In die middel 1960’s was daar ’n tekort aan kontrakwerkers om genoeg saad te verskaf vir lede om te plant. Die arbeidskoste en die onsekerheid oor werkers het tot die onbestendigheid bygedra. Daar was ook arbeidstakings. Die natuur staan sentraal tot die suksesse en mislukkings van ’n landbou-organisasie, en diens- verskaffers en produsente was altyd gereed met noodplanne. ’n Rekord-oesjaar in 1976 was byvoorbeeld baie goeie nuus in ’n andersins minder suksesvolle landboujaar. Suid-Afrika was onder groot druk weens sanksies en groeiende prysoorloë land- wyd, wat tot in die vroeë 1990’s voortgeduur het. Soos in die eerste paar deka­ des van Senwes se bestaan was die klem op ledeskuld. 12 SENWES 110 Voorlopers van Senwes se omkeerstrategie in die vroeë 2000’s: Mnre. Johan Dique (links), wat toe die besturende direkteur was, en Japie Grobler, wat toe die voorsitter was. FOTO: LANDBOUWEEKBLAD | Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019