Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 13

Só lyk 110 jaar se hoogtepunte D In dié groot gedenkjaar kyk Senwes terug op merkwaardige tye in sy ryk geskiedenis en die maatskappy se rol in die Suid-Afrikaanse landboubedryf. e Centraal Weste- lijke Co-Operatieve Landbouw Vereni- ging is in 1909 gestig. Die maatskappy het graan ontvang op persele van die spoorwegadministrasie wat op stasiegrond geleë was. In 1911 het lede begin versoek dat ploeë bestel moet word, en in 1920 is die eerste mielie- afmaakmasjien aangeskaf. 1930’S ■ ■ Die Sentraal Westelike Koö- peratiewe Maatskappy het sy produksielyn met grondbone, veevoer en eetbare olies uitge- brei en saadverwerkingsdien- ste begin lewer. Danksy ’n silo-bouprogram het Senwes die losmaathantering van graan verbeter. ’n Landbou­ kundige en voor­lig­tings­af­de- ling is bygevoeg, ’n grond­boon- sorteerfabriek is by Wessels- bron geopen, en ’n kunsmis- aanleg op Viljoenskroon. 1940’S ■ ■ Senwes het sy meule in die 1940’s ontwikkel en vulsta- sies en smidswinkels as nuwe afdelings toegevoeg. ■ ■ Die nuwe hoofkantoor in Klerksdorp het in 1947 ge- open, en grondboontjiebe- stuur het as ’n nuwe produk- sielyn begin. ■ ■ Teen 1949 is handel gedryf in voer en eetbare olies. 1950’S ■ ■ Saadverwerking begin as ’n aanvullende diens en Senwes brei uit na Namibië. 1960’S ■ ■ Metrisering en rekenaarteg- nologie is vanaf 1960 in die landboubedryf gebruik. ■ ■ In 1961 het Senwes die graan- silo-bouprogram in Suid- Afrika gelei. Senwes het sedert 2008 groter klem gelê op spesifieke kommo­- di­teite en ook selektief begin kyk na geleenthede in Afrika-lande. ■ ■ Die maatskappy was in 1967 een van die eerste uitstallers op die Nampo-oesdag. 1970’S ■ ■ Senwes het die motorbedryf in 1971 betree met O.F.S. Tractor Services (Edms.) Bpk. Senwes het ook sy eer- ste boeredag gehou. ■ ■ In 1972 is ’n nuwe korpo- ratiewe identiteit aanvaar, met SWK as akroniem vir “Sentraal-Wes Koöperasie”. ■ ■ In 1974 het Senwes ’n aan- deel verkry in die Virginia Oil Company (Exol). ■ ■ In 1975 het Senwes Transkei Oil Products en twee van sy filiale verkry, en eetbare olies na Hongkong en Europa begin uitvoer. ■ ■ In 1976 is olie vir die eerste keer na Réunion uitgevoer. 1980’S ■ ■ Senwes het in 1981 aandele gekoop in die Eiko-pluim- veeplaas en in Christensen Construction, met ’n siviele ingenieursafdeling. 1990’S ■ ■ In 1997 het Senwes die maatskappye Neseier en Jacobs Brothers oorgeneem en met die verkryging, ver- pakking en verspreiding van eiers begin. ■ ■ In dieselfde jaar het Senwes op die vrye mark begin mee- ding. Hierdie transformasie het die klem teruggeskuif na insetverskaffing en mark- toegang. 2000’S ■ ■ In Mei 2000 het Senwes die eerste keer sy eie produkte op Nampo uitgestal. ■ ■ Kort voor die eeufees het naamsveranderings en nuwe strukture gevolg: Senwes Graan was voortaan bekend as Senwes Grainlink; Senwes Handel as Senwes Village; en Village Grocer het ’n afson- derlike handelsmerk vir krui- denierswinkels geword. ■ ■ Ná ’n paar stormagtige jare het die maatskappy in sy eeufeesjaar in 2009 ’n rekord- wins verwesenlik, naamlik R368 miljoen ná belasting. ■ ■ Senwes Equipment is die eks- klusiewe John Deere-agent in sentraal Suid-Afrika. Deur ’n gesamentlike onderneming tussen Senwes Equipment en JDI (John Deere Implemente) kon Senwes ook sy reikwyd- te as eksklusiewe agent van 17 Mei 2019 | John Deere na die Wes- en Oos-Kaap uitbrei. Daarna het Senwes Equipment 27 takke en 18 meganisasiewerkswin- kels landwyd gehad. ■ ■ In 2012 het Senwes sy teen- woordigheid in die Wes-Kaap uitgebrei deur ’n aandeel van 50% in JDI se tak in Swellen­ dam te bekom. Verskeie takke in die distrik Overberg en omliggende streke het gevolg. ■ ■ In 2013 het Senwes sy kon- solidasiestrategie uitgebou deur die totstandkoming van Hinterland in ’n gelyke vennootskap met Afgri. ■ ■ Van 2016 tot 2017 het die klem verskuif na die verskaf­ fing van geïntegreerde finan- sieringsoplossings. Die Grain- tech-projek, waarmee graan vroeër ingeneem kan word, is ook toe bekend gestel. Die eerste sonkragstelsel is by die Hen­nen­man-silo geïnstal- leer met ’n verwagte bespa- ring van 450 000 kWu per jaar. ■ ■ Senwes Equipment het in 2017 na die Oos-Kaap uit- gebrei met takke in Aliwal- Noord, Ugie en Oos-Londen. ■ ■ In 2018 het Senwes Credit na die Oos-Kaap uitgebrei. ■ ■ Senwes het in 2018 die behe- rende aandeel bekom in Staalmeester, ’n vervaardiger en verspreider van landbou- werktuie in Hartbeesfontein, Noordwes. ■ ■ Die Oos-Kaapse versprei- dingsnetwerk is die nuutste toevoeging tot die gebiede waar Senwes as ’n JDI-agent onderdele, produkte en dien- ste van John Deere beskik- baar stel. JDI ALTYD GEREED OM TE DIEN Bylae tot Landbouweekblad | SENWES 110 13