SENWES
Senwes ploeg terug
Die Senwes Spinners-inisiatief vir
jong krieketspelers in landelike
gebiede, waar sportgeriewe ont-
breek, maak ’n reuseverskil in dié
kinders se lewe.
KERSBOOM
’n Maatskappy is ’n maatskappy deur sy mense
en omgewing. Daarom laat Senwes geen steen
onaangeroer nie om met geesdrif en verskeie projekte
en aktiwiteite ’n verskil in sy gemeenskappe te maak.
S
enwes se 100ste
bestaansjaar is in
2009 gevier met ’n
rekordomset en -wins-
syfer as deel van
hierdie landboumaatskappy
se winsgewendste jaar nóg. Só
kan Senwes terugploeg in die
verskeie gemeenskappe waar
hy sake doen.
Die gesonde finansiële status
van Senwes het egter nie son-
der haakplekke gekom nie. Die
noodsaaklikheid van dissipline
in die besigheid het ook die af-
gelope dekade vrugte afgewerp.
Die maatskappy het sedert
1909 verskeie probleme die hoof
gebied. Daar was die vrye markte
van die pioniersjare, monopolis-
tiese praktyke deur graankopers,
die Depressie van die 1930’s,
twee wêreldoorloë, ’n lang tyd-
vak van gereguleerde landbou
met sy eenkanaal-bemarking-
stelsel, en die hedendaagse vrye
mark vanaf die middel 1990’s.
Gerat vir die volgende 100
jaar spits Senwes hom daarop
toe om ’n landboumaatskappy te
wees waarop sy lede en aandeel-
houers trots kan wees. Hier is
enkele hoogtepunte uit die afge-
lope dekade waar gemeenskap-
pe in Senwes se sukses deel.
14
SENWES 110
NASIE IN GESPREK
Die Nasie in Gesprek-reeks het
in 2013 ontstaan met die eerste
besprekings wat op Nampo be-
gin het as die Senwes Toekoms-
fokus Gespreksforum. ’n Afri-
kaanse insetsel is op kykNET
uitgesaai tydens die ontbytpro-
gram Dagbreek. Die doel was die
skep van ’n platform waar die
landbousektor in gesprek kan
tree en besighede, verskaffers,
produsente en ander belangheb-
bendes saam kan praat.
In 2014 is die Nasie in Ge-
sprek-handelsmerk gevestig. Die
doel was om ’n wyer gehoor te
bereik en heersende opvattings
oor die landbou en probleme in
die landboubedryf ten goede te
beïnvloed.
’n Mylpaal is in 2015 behaal
toe paneelbesprekings van Nasie
in Gesprek op Nampo vir die eer-
ste keer in Afrikaans en Engels
aangebied is. Meer as 40 pa-
neelgaste met uiteenlopende
menings het aan die besprekings
deelgeneem. Nasie in Gesprek
word ook van 2015 af as ’n tele
visiereeks van 13 episodes op
kykNET, Business Day TV en
Soweto TV uitgesaai.
Gebruikers kan alle bespre-
kings intyds op die Nasie in Ge-
| Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019
sprek-toepassing volg, menings
lug en vrae direk aan die aanbie-
der in die ateljee rig. Gaan na
www.nasieingesprek.co.za om
die toepassing af te laai, of kry
dit op die App Store of Google
Play Store.
Senwes bedank graag sy
vennote wat Nasie in Gesprek
moontlik maak: Afgri, Bayer,
Graan SA, Nedbank, Hinter-
land, John Deere, NWK, Engen
en Isuzu Isando.
SENWES-PARK
Die Noordwes-krieketstadion
op Potchefstroom is in 2008
tot Senwes-park herdoop ná ’n
naamregte-ooreenkoms.
Senwes-park is die tuiste van
die Noordwes-Dragons- provin-
siale krieketspan en is een van
Suid-Afrika se nuwer interna
sionale sportterreine. Wanneer
daar nie internasionale wedstry-
de gespeel word nie, is dit die
tuiste van die Highveld Lions
en die Kolkata Knight Riders.
Internasionale kwalifiserende
toernooie vir mans- en vroue-
sportspanne word ook by Sen-
wes-park aangebied, asook
kulturele geleenthede soos die
Aardklop-kunstefees en Carols
by Candlelight.
Die hoofdoel van Senwes se
jaarlikse Kersboom-geleentheid
is om met liefde en sorg uit te
reik na behoeftige kinders en
volwassenes en om ’n spesiale
Kersfees-verskil in hul lewe te
maak. Deelnemers word bederf
met ’n dag vol pret, musiek en
’n lekker ete, en natuurlik ’n be-
soek deur Kersvader wat sakke
vol geskenke uitdeel.
Die Kersboom-inisiatief is
12 jaar oud en vorm deel van
Senwes se korporatiewe maat-
skaplike inisiatief. Borge en
Senwes-personeel bied hul gas-
vryheid vrywillig aan en koop
ook Kersgeskenke.
DROOGTEFONDS
Duisende individue het al by-
gedra tot Agri SA se droogte-
rampfonds wat deur Senwes
geïnisieer is.
Geld uit die rampfonds word
aan Agri SA se provinsiale orga-
nisasies beskikbaar gestel om die
landbougemeenskap by te staan.
Boereverenigings moet sekere
riglyne volg deur by provinsia-
le organisasies aansoek te doen
om geld in die fonds. Agri SA
beveel aan dat holisties gekyk
moet word na die behoeftes in
’n bepaalde distrik, en dat die
beperkte hulp sover moontlik
gerek moet word om die nood
van alle mense te verlig.
Alle skenkers kry ’n volledige
oudit en verslae.
PROGRAM VIR
GEGRADUEERDES
Senwes se program vir gegra-
dueerdes is ’n uitstekende voor-
beeld van hoe die maatskappy sy
eie bron van kennis skep. Jong
gegradueerdes word in diens
geneem, waarna hul talente
ontwikkel word en hulle nuwe
vaardighede aanleer. Oor ’n tyd-
perk van 12 maande word klem
daarop gelê om elke individu se
talente en sterk punte te identi