fiseer, en om hulle uiteindelik in
werknemers te ontwikkel wat ’n
opbouende bydrae sal lewer tot
die groei en ontwikkeling van
die maatskappy.
Potensiële kandidate onder-
gaan ’n streng keuringsproses
sodat die room geïdentifiseer
kan word wat die beste kans
op sukses het.
SONKRAG
Die installering van 2 392 PV-
sonpanele met ’n totale ver-
moë van 753,48 kW is in Junie
2016 by Senwes se hoofkan-
toor in Klerksdorp afgehandel.
’n Jaar later, in Junie 2017, is
die eerste silo-sonkragstelsel in
die Senwes-groep by die Hen-
nenman-silo geïnstalleer met
1 120 sonpanele met ’n vermoë
van 358 kW. Die totale gepro-
jekteerde sonkragverbruik is
472 460 kWh per jaar. Dit ver
teenwoordig 62% van die tota-
le elektrisiteitsverbruik van die
Hennenman-silo.
Agri SA en Senwes se droogterampfonds het al duisende boere in Suid-Afrika gehelp.
THOBO-TRUST
Die Thobo-trust is ’n onafhank
like bemagtigingstrust wat in
2014 deur die Senwes-groep
gestig is as sy BBSEB- en maat
skaplik-ekonomiese vennoot.
Die trust het in Oktober 2018
aan ’n skoolgroentetuinprojek
begin werk wat op 14 Maart
2019 by die Itokisetseng Com-
bined School, naby die Senwes-
Losdoorns-silo, voltooi is.
Mnr. Thabo van Zyl, ’n Sen-
wes-direkteur, en sy vrou, Ni-
nette, het ’n groot bydrae ge-
lewer om die projek van die
grond af te kry. Hulle het hulp
met arbeid en advies verleen
om te verseker die aanplanting
van die groente en oes daarvan
verloop glad.
Deur ’n sterk vennootskap
tussen Senwes, Syngenta, Om-
nia, Senwes Grainlink, Senwes
Equipment en Itokisetseng
Combined School is groente op
sowat 1,4 ha op die skoolterrein
op Losdoorns in die Vrystaat
aangeplant. Kool is tydens die
eerste fase geplant om die grond
se geskiktheid te toets. ’n Ska-
dunet om die groente teen die
Vrystaatse son te beskerm, is ook
Senwes se Kersboom-geleentheid bied ’n dag vol pret, geskenke en ’n lekker ete.
danksy ’n donasie opgerig.
Mnr. Mandla Zwane, ’n ska-
kelbeampte by Senwes wat die
projek gekoördineer het, sê die
uitsonderlik hoë temperature en
droë toestande het meegebring
dat boorgate gesink moes word
om voldoende watervoorsiening
vir die kool te verseker.
Die eerste aanplantingsfase
was ’n reuse-sukses en nou kan
die res van die projek voortgaan.
SENWES SPINNERS
Senwes, hoofborg van die Sen-
wes Spinners, bied sedert 2006
finansiële en ander ondersteu-
ning aan dié skolekrieketpro-
gram. Die hoofdoel met dié ini
siatief is die ontwikkeling van
jong spelers in landelike gebiede,
waar kinders nie die geriewe
het om krieket te kan speel nie.
Senwes wil aan skoolkinders die
geleentheid bied om in ’n meer
professionele omgewing aan
sport deel te neem.
Die maatskappy meen krie-
ket is die ideale sport om dié
behoefte te vervul. Dit bied aan
leerlinge van plaasskole uit ver
skeie landelike gemeenskappe
die kans om hul talent op ’n
prettige en mededingende ma-
nier te slyp.
Danksy die projek kon
sommige leerders reeds hul
lewensvaardighede en verant-
woordelikheidsin teenoor hul
eie opvoeding verbeter.
Die projek dien ook as ’n
groot prestasie vir dié leerders
se gesinne en gemeenskappe.
Met inisiatiewe soos die
Senwes Spinners-toernooi wil
Senwes opvoeding in landelike
gebiede deur sport ophef. Be-
kende krieketspelers spreek ook
17 Mei 2019
|
die aspirantspelers by jaarlikse
geleenthede toe.
Die program word elke 3 jaar
hersien, en ná 13 jaar gaan die
Spinners steeds van krag tot
krag. Die program het al die
volgende mylpale bereik:
■ ■ 1 690 krieketspelers het al
aan die Senwes Spinners-
toernooi deelgeneem.
■ ■ 47 skoolafrigters is opgelei en
neem deel aan die program.
■ ■ 147 leerders wat aan die
program deelgeneem het, is
al gekies om die Senwes Spin-
ners High Performance-span
te verteenwoordig.
■ ■ Danksy die program is sport-
geriewe en ’n krieketblad vir
die Schoonspruit Primary
School gebou.
■ ■ Studiebeurse is toegeken aan
vyf uitblinkers wat deel was
van die program.
Bylae tot Landbouweekblad
|
SENWES 110
15