SENWES
Só kan jy aandele in
landboubedryf besit
Jan Alleman kan deesdae makliker in die landbou-
bedryf belê met aandele in groot maatskappye soos
Senwes wat in die openbaar verhandel word.
S
WORD BELOON
AgriRewards is ’n uitge
steldebonusskema waarmee
Senwes ’n groot gedeelte
van sy wins aan klante toe
wys om hulle te beloon vir
hul lojaliteit deur die jaar.
Die doel van die program
is om ’n belegging in die
klantebasis te maak en ’n
stewige “fonds” op te bou,
gegrond op die hoeveelheid
besigheid wat met Senwes
gedoen is.
Klante sal jaarliks ’n
kontantuitbetaling ontvang,
mits hy/sy jaarliks met
Senwes sake gedoen het.
Die poel van bonusse sal dus
ook jaarliks vermeerder.
Hoewel die bonusse nie
dadelik uitbetaalbaar is nie,
kan die bonustoekennings
teen die huidige waarde as
sekuriteit by Senwes Credit
aangebied word.
16
SENWES 110
enwes het in die af-
gelope dekade sy ver-
antwoordbaarheid
teenoor aandeelhou-
ers en die groter
gemeenskap uitgebou en ook
sy rol in die landboubedryf aan-
sienlik verstewig.
Senwes Beperk en die houer-
maatskappy Senwesbel Beperk
het op 20 Februarie 2017 op
die gelisensieerde beurs ZARX
genoteer.
Mnr. Francois Strydom, uit-
voerende hoof van Senwes, sê
hy weeg waarde en wins teen
mekaar op en dat Senwes nie
net na die balansstaat kyk nie.
“Dit bly belangrik om ’n ge-
sonde besigheid te bedryf, want
as jy self verdrink, kan jy nie-
mand anders uit diep waters
help nie. Finansiële gesondheid
verseker ’n regverdige dividend
vir aandeelhouers en maak dit
moontlik om ons klante behoor-
lik te bedien.
“Die instandhouding van ons
infrastruktuur en beleggings
in toerusting en geboue is be-
langrik. Danksy goeie wins kan
ons belê in iets soos belugters,
waarmee ons graan met ’n hoër
voginhoud van ons produsente
kan aanvaar.
“Met sulke beleggings voeg
| Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019
ons waarde toe vir die produsent.
“’n Regverdige dividend bete-
ken nie die hoogste dividend nie.
Ons wil nie kortsigtig of gulsig
wees in ons benadering nie. My
voorgangers het in die afgelope
110 jaar die klant voorop gestel
en ons wil daarop toegespits bly.”
Tevrede aandeelhouers steun
dié strategie en filosofie.
“As jy weet hoe dié langter
mynvisie werk, sal jy ook weet
wat die waarde van volhoubaar-
heid is en wat belangrik is om dit
te behaal. Min maatskappye in
die wêreld kan sê hulle is ouer
as ’n eeu én groei steeds. ’n In-
geligte aandeelhouer sal na ons
strategie kyk en dan besluit of
hy daarin wil belê.”
GOEIE OPBRENGS
Die opbrengs is nie net op die
aandelebeurs goed nie. In die
2017-’18-seisoen is die grootste
mielie-oes in Suid-Afrika se ge-
skiedenis geproduseer en Sen-
wes was gereed om dié enorme
opbrengs te help hanteer en op
te berg. Ná ’n flouer voorafgaan-
de seisoen het Senwes se wins
in 2018 met 86% toegeneem
teenoor 2017.
Die groep se resultate, wat
in 2018 bekend gemaak is, dui
daarop dat die wesensverdiens
Die Thobo-trust het ’n groente-
land begin saam met Senwes,
Syngenta, Omnia, Senwes
Grainlink, Senwes Equipment
en die Itokisetseng Combined
School. In die eerste fase is kool
op sowat 1,4 ha op die skoolter
rein op Losdoorns in die Vry-
staat aangeplant. Mnr. Mandla
Zwane, ’n Senwes-skakelbeamp
te, is die projekkoördineerder.
te per aandeel met 87% gestyg
het. ’n Finale dividend van
27 sent per aandeel is verlede
jaar verklaar. Dit was 25 sent
per aandeel in 2017.
Bedryfswinste vóór rente en
belasting het van R433 miljoen
tot R655 miljoen verhoog, ter-
wyl die bedryfsmarge tot omset
van 4,2% tot 6,9% in 2018 ge-
groei het.
Kontantvloei gegenereer uit
bedryfsaktiwiteite het R281 mil-
joen beloop (R165 miljoen in
2017), selfs nadat R128 miljoen
in verhoogde bedryfskapitaal
belê is.
Totale dividende is met 20%
verhoog vanaf 45 sent per aan-
deel in 2017 tot 54 sent per
aandeel (tussentydse en voor-
gestelde finale dividend) in die
boekjaar.
Dividendopbrengs op die
openingsmarkprys het 5,2%
(4,3% in 2017) beloop.
THOBO-TRUST
Die Thobo-trust is in 2014 deur
die Senwes-groep gestig. Dit is
’n onafhanklike bemagtigings
trust wat die groep se BBSEB-
en maatskaplik-ekonomiese ven-
noot is.
Die trust bestuur Senwes se
korporatiewe maatskaplike be-
leggings- en maatskaplike ont-
wikkelingstrategie, terwyl dit
saam met Senwes se filiale en
vennote aan spesifieke inisiatie-
we of projekte deelneem.