Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 17

Me. Elmarie Joynt, maatskappysekretaris van die Senwes- groep, kan nog inligting oor Senwes-aandele verskaf. AANDEELHOUDING Die Senwes-maatskappyegroep berus op insetverskaffing, finansiële en tegniese diens­ te, asook marktoegang. Die maatskappy dryf handel in Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Kwa- Die Thobo-trust konsentreer op onderwys, ondernemings- ontwikkeling en werknemer- welstand. Die meeste van die trust se begunstigdes kom uit voorheen benadeelde Suid-Afri- kaanse gemeenskappe. Wat sy bydrae tot die onder- wyssektor betref, is die trust toegespits op tegnologie, vroeë kinderontwikkeling en groente- tuine by skole. Die trust se Letsopa-reke- naarsentrum by die Letsopa Primary School op Ottosdal in Noordwes is in 2015 geopen. Ander laerskole in die gebied, naamlik Naledi, Lebogang en Tumisang, kan ook hierdie sen- trum gebruik. Dit is een van die projekte waarmee die trust gemeenskappe verryk en aan kinders se toekoms help bou. Lees meer oor die Thobo-trust se skoolgroentetuinprojek op bl. 15 van hierdie bylae. Zulu-Natal, die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap. Die groep het ’n geïnte­greer­ de sakemodel wat sy kerndoel- stelling bevorder, naamlik om ’n betekenisvolle bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika te lewer. Notering op die ZARX-beurs het in 2017 plaasgevind na aan- leiding van die bepalings van die Wet op Finansiële Markte. Dit het die maatskappye verplig om die aandeelhandel na die gelisensieerde beursomgewing te migreer. Dit is maklik om ’n deeltjie van die landboukrag­ reus te besit. Volg dié stappe: ■  Senwes se aandele is vrylik verhandelbaar. Indien Senwes- of Senwesbel-aandele egter as sekuriteit vir krediet by Senwes gegee is, word vooraf­ toestemming van Senwes vereis voordat die aandele verhandel kan word. ■  Senwesbel-aandele is nie vrylik verhandelbaar nie en verhandel op die ZARX- beperk- te platform. Slegs persone wat boerderye as ’n hoofbedryfs- aktiwiteit bedryf, mag in Sen- wesbel-aandele handel dryf. ■  Indien jy in aandele wil handel dryf, moet jy ’n Computershare- mandaat voltooi en die voor- geskrewe FICA-dokumentasie verskaf. ’n Vooraftoestem- mingsproses geld dan in dié verband. Daarna sal ’n SDA- rekening by Computershare geopen word waarin jou aan­ dele gekrediteer sal word of die geld waarmee die aandele ge- koop gaan word. Dié vereistes is nie onderhandelbaar nie omdat handel ten volle outomaties is en op ’n intydse grondslag (T+0) plaasvind. ■  Die verhandelingsproses is risikovry en verdere papierwerk is nie nodig nie. Die verkoper sowel as die koper van die aandele betaal make­laarsgeld op grond van die transaksie se randwaarde, volgens ’n glyskaal (BTW uitgesluit). ■  Die betaling van dividende vind ook elektronies plaas en die dividendbetalings tussen verskillende banke sal dadelik op die betaaldatum in aandeel- houers se rekeninge wys. ■  Vir die verhandeling van aandele, skakel me. Ansa Janse van Vuuren (makelaar) by 018 464 7105 of me. Claudi Smit (oordragsekretaris) by 018 464 7121. ■  Rig enige navrae aan me. Elmarie Joynt (die Senwes- groep se maatskappysekretaris) by 018 464 7104 of stuur e-pos na [email protected] Mnr. Etienne Nel (regs), uitvoerende hoof van ZARX, wens mnr. Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes, geluk met die maatskappy se notering op dié beurs. 17 Mei 2019 | Bylae tot Landbouweekblad | SENWES 110 17