Senwes 110 bylae Senwes 110 bylae | Page 18

SENWES ‘Herontdek dít wat saak maak’ ONTSLUIT WAARDE Die kleinhandelsbesigheid is ’n gesamentlike onderneming tussen Senwes en Afgri wat handel dryf as Senwes Village en Afgri Town & Country. Vennootskappe tussen Senwes en ander ondernemings ontsluit saam waarde vir klante. Hinterland is een van die sukses­ volste vennootskappe in dié verband. H interland, ’n land- boumaatskappy wat op tradisionele waar- des geskoei is, se leuse is “Herontdek dít wat saak maak”. Dié klein- handelonderneming dryf handel as Senwes Village en Afgri Town & Country, en bied verskeie hardeware- en geriefs­produkte aan die publiek, soos besproei- ingstoerusting, selfdoenproduk- te, dieregesondheidsprodukte, veevoer en brandstof. Die 59 kleinhandelafsetpunte onder die Hinterland-sambreel is teenwoordig in ses provinsies, naamlik Gauteng, KwaZulu-Na- tal, Mpumalanga, die Noord- Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Hinterland het meer as 1 560 bedryfspersoneel en 20 landbou­ sakebestuurders en -bemarkers in diens, asook 56 brandstof- afsetpunte. Direkte brandstof- lewering op plase word moont- lik gemaak deur Hinterland se netwerk van verskaffers. BEDRYFSDIENSTE Boere kan al die bedryfsmiddele by Hinterland aanskaf, waaron- der saad, kunsmis en landbou­ 18 SENWES 110 chemikalieë. Boere het ook toegang tot landboudienste en -oplossings. Finansieringspak- kette met die samewerking van Hinterland se vennote, Senwes Credit en Unigro, bied pasge- maakte betaalopsies aan boere. VEEBOERE Hinterland se diens­te vir veeboe- re is toegespits op die produkte, tegniese dienste en opleiding. Danksy jare lange standvastige verhoudings met erkende verskaffers in die veewaardket- ting kan Hinterland die regte produk op die regte tyd teen bekostigbare pryse deur middel van sy kleinhandelafsetpunte bied. Hinterland se verhouding met die grootste verskaffers van veevoer, dieregesondheidsmid- dels en opsies vir weidingsaad strek in baie gevalle oor etlike dekades. Tegniese dienste sluit in kud- debestuursprogramme, soos ge­sondheidsprogramme, voer- vloeibeplannings, die formule- ring van rantsoene, produksie- begrotings, asook seleksie- en telingsprogramme. Hinterland skakel ook by | Bylae tot Landbouweekblad | 17 Mei 2019 Danksy vennootskappe hou Hinterland voordele vir veral landelike gemeenskappe in. Dit is maklik om alles van tuinbenodigdhede tot landbou-, jag- en buitelug- toerusting onder een dak te vind. Groter dorpe en stede vind ook baat hierby. Dit verg egter goeie sakevernuf wat voldoen aan mededingings- wette om dié waarde vir klante te ontsluit. bestaande studiegroepe en boe- reverenigings in, wat as plat- forms dien vir die oordra van die nuutste neigings in die bedryf. Voorts maak opleiding en inlig- tingsdae deel uit van Hinterland se diens aan veeboere. BESPROEIING Hinterland se kundige personeel help graag om oplossings vir boere se besproeiingsprobleme te vind. Dit sluit in algemene waterdienste soos waterregistra- sies, waterverifikasies en waar- dasies, waterlisensies, aanvraag vir water, doeltreffendheidstu- dies, omgewingsimpakstudies en geohidroliese studies. Ander dienste sluit in: ■ ■ Akkurate opmetings deur gekwalifiseerde opmeters en besproeiingskundiges. ■ ■ Besproeiingstelselontwerpe vir alle gewasse, waaronder drupbesproeiing, mikrobe- sproeiingstelsels, spilpunte, ondergrondse drupstelsels, asook pypleidings en pomp- stasies. ■ ■ Hidro-meganiese stelselont- werpe. ■ ■ Watergedrewe kragopwek- kingsoplossings. ■ ■ Elektriese kragbehoefte soos VSD-stelsels (veranderlike spoeddryf), kVA-behoeftes, transformators en elektriese kabelgroottes. ■ ■ Outomatisering van stelsels. Hinterland, as ’n gesament- like onderneming tussen Senwes en Afgri, is deur die Medingingskommissie en die Mededingingstribunaal goed- gekeur en die vennootskap is in 2013 gefinaliseer. Senwes het ook gesament­ like ondernemings met John Deere Implemente, NWK (Certisure) en ander maat- skappye om die aanbieding van die Nasie in Gesprek- forum moontlik te maak (sien bl. 14 van hierdie bylae). ■ ■ Konstruksieontwerpe vir pomp­kamers, gronddamme (kategorie 0-3), betononttrek- kingspunte en vlotte. STEWIG IN DIE SAAL Mnr. Daan Bronkhorst, bestu- rende direkteur van Hinterland, sê die onderneming se grootste bate is sy personeel, wat daaraan toegewy is om waarde vir klante en aandeelhouers toe te voeg. Hoewel die maatskappyver- dienste baie goed lyk, kry Hin- terland en sy klante wel met verskeie probleme in die land- bou te doen. “Baie van ons produsente het die afgelope drie jaar weens die droogte nie die gewenste op- brengste behaal nie. Dit plaas druk op kredietverlening en die terugbetaling van lenings.” Met streng bestuur en slim besluite het Hinterland egter steeds goeie finansiële resultate behaal, wat dit moontlik maak om klante soveel voordele moontlik te bied. “Dié goeie resultate is dank- sy deeglike beplanning en be- heer, en verskerpte toesig oor kontroles en uitgawes. Ons kon ook goeie momentum bewerk- stellig deur verbeterde klante- skakeling. Dit skep ’n gesonde basis en ons gaan hierop voort- bou,” het hy gesê. NAVRAE: www.hinterland.co.za